Praktiese werksessies
Die waardes van die Universiteit Stellenbosch (US) hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig. Dit verskaf die goue standaard vir die soort gemeenskap wat ons graag wil wees. Gevolglik moet hierdie waardes – uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid – deel uitmaak van hoe ons optree, aansluiting by mekaar vind, besluite neem en etiese uitdagings hanteer.
Die Universiteit se Waardes in Aksie-werkswinkels het ten doel om personeel en studente toe te rus om waardegedrewe gedrag en leierskap te verpersoonlik.
Temas en vaardighede
Die basiese waardes-in-aksie-werkswinkel stel deelnemers in staat om ’n algemene begrip te kry van die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees, en om vaardighede aan te leer om moontlike waardebotsings te bestuur.
Die volgende temas word tydens die werkswinkel bespreek:
* Die betekenis van waardes;
* Waardebotsings en hoe om dit op te los;
* Hoe om waardes te integreer tydens ons optrede en hoe ons by ander aansluiting vind; en
* Die integrasie van waardes deur leierskap en spanwerk.
US-personeel van al die kampusse word hartlik uitgenooi om aan hierdie reis deel te neem deur een van die voldag-werkswinkels by te woon. Oop werkswinkels is beskikbaar vir alle personeel – dit maak interaksie moontlik tussen uiteenlopende individue in 'n verskeidenheid van omgewings.
Datums – Stellenbosch en Tygerberg
Oop werkswinkels word op die volgende datums in die tweede semester aangebied:
* Dinsdag 27 Augustus 2024 (Stellenbosch)
* Donderdag 3 Oktober 2024 (Tygerberg-kampus)
* Donderdag 10 Oktober 2024 (Stellenbosch)
RSVP vir oop werkswinkels
Stuur asseblief e-pos na Jacolette Kloppers by jacolette@sun.ac.za om vir ’n werkswinkel te RSVP – laat weet asseblief teen minstens twee weke voor die betrokke datum.
Werkswinkels duur van 08:00 tot 16:30 en middagete en verversings word verskaf. Meer besonderhede word aan deelnemers gestuur.
Doelgemaakte werkswinkels
Die basiese waardes-in-aksie-werkswinkel kan ook binne ’n spesifieke afdeling of departement van die Universiteit gefokus wees. Stuur asseblief e-pos na jacolette@sun.ac.za om ’n werkswinkel vir 'n spesifieke afdeling of departement te bespreek.
Meer inligting
https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Values-in-action.aspx
https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Basic-values-in-action-workshop.aspx
(6 Augustus 2024)