VER[r]AS nooi alle US-studente uit om hulle Afrikaanse gedigte (maksimum van vyf) en/of kortverhale (maksimum van twee, elk nie langer as 2 000 woorde nie) in te stuur vir Penseel 2024.
Stuur inskrywings na penseel@sun.ac.za met "Penseel 2024-inskrywing" in die onderwerpreël. Die sluitingsdatum is 22 Julie 2024.
Terloops, daar sal ’n spesiale afdeling wees as deel van die Afrikaans Amptelik 100-projek. Hoe lyk dit met ’n gedig of kortverhaal oor die feit dat Afrikaans in 2025 reeds ’n eeu lank as ’n amptelike taal in Suid-Afrika erken word?