Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Indiening van Kreatiewe Uitsette vir subsidie-doeleindes 2023

Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe uitsette in te dien by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.

 Die interne sluitingsdatum vir indien van hierdie uitsette is verleng tot Saterdag, 15 April 2023.

 Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening:  https://redcap.sun.ac.za/surveys/?s=YL8439MATD4PCA8X

 Let op dat die name en kontakbesonderhede van twee eweknie beoordelaars ook verskaf moet word in die aanlyn aansoek.

 Die databank Figshare (https://figshare.com) is beskikbaar as platform om 'n skakel van die uitset te deel. 

 

 Ons wil graag sekere belangrike aspekte uitlig:

 Kategorieë wat kwalifiseer vir subsidie asook kontakpersone indien verdere inligting spesifiek tot die kategorie verlang word:

Kontakpersone vir algemene navrae:

    • Whitney Prins                           (021 808 9971; whitney@sun.ac.za)
    • Felicia Mc Donald                    (021 808 2581; fmcdonald@sun.ac.za)
    • Daléne Pieterse                        (021 808 3557; mver@sun.ac.za)
    • Maryke Hunter-Hüsselmann (021 808 4623; mh3@sun.ac.za

 

Kontakpersoon vir hulp met die aanlyn vorm:

    • Jennifer De Beer                         (021 808 9444; jad@sun.ac.za

 Uitsetjare waarvoor aansoeke ingedien kan word:

n-3 maw vir hierdie rondte sal uitsette wat gelewer is in die periode 2020-2022 in aanmerking kom.

 

NB: Let asseblief daarop dat onvolledige aansoeke nie in aanmerking sal kom nie en nie geprosesseer kan word vir subsidie nie.

Neem asb kennis: Die DHOO het aan ons gekommunikeer dat voorlopige tydraamwerke vir die vrystelling van die institusionele verslag aan die begin van Maart gekommunikeer sal word vir die 2020-voorleggings. En die sektorverslag vir die 2021-voorlegging wag op aftekening by die adjunk-generaal se kantoor.​

Ons wil graag die navorsingsgemeenskap aanmoedig om asseblief hul werk vir hierdie rondte in te dien. Terugvoer sal met almal gedeel word wat uitsette verlede jaar ingedien het sodra dit beskikbaar is.