Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dankie aan almal wat aan ons meningsopname deelgeneem het

​Die Biblioteek- en Inligtingsdiens bedank graag almal wat aan die onlangse aanlyn meningsopname deelgeneem het. Ons het 1 147 reaksies van regoor die US-gemeenskap ontvang op die opname wat tussen 16 Augustus en 15 September 2021 uitgevoer is. Die opname is onderneem om vas te stel hoe die Biblioteek julle, ons kliënte, beter van diens kan wees.

Ongeveer 630 deelnemers het ook opmerkings op die Biblioteekdiens gelewer. Baie dankie dat julle ongeveer ses minute van julle tyd (gemiddeld) hiervoor afgestaan het.

Die Biblioteek waardeer julle terugvoer wat nou ontleed gaan word sodat ons aksieplanne kan ontwikkel. Die uitslae en aksieplanne sal mettertyd aan julle gekommunikeer word.