Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen aansoek om ’n monitor aan die Universiteit Stellenbosch te wees!

Voel jy sterk oor die verwelkomingservaring van studente aan die Universiteit Stellenbosch? Het jy ondervinding in 'n fakulteits-, PSO-, verenigings-, koshuis-, kluster- of enige ander studenteleierskapstruktuur? Beskou jy jouself as 'n kritiese denker en goeie waarnemer van die kampusgemeenskap? Doen dan aansoek om 'n monitor aan die Universiteit Stellenbosch te wees!

Sluit aan by die span wat die verwelkomingskultuur aan die Universiteit Stellenbosch waarneem en bespreek ten einde inklusiewe, innoverende en toekomsgefokusde studentegemeenskappe te ontwikkel.

Die doel van die monitors is om te luister, waar te neem, en die verwelkomingspraktyke krities te ontleed. Monitors dien as 'n eksterne lens op die verwelkomingspraktyke van alle fakulteite, privaatstudente-organisasies (PSO's) en koshuise van die Universiteit Stellenbosch. Die mikpunt is 'n objektiewe meting van die doeltreffendheid van die verwelkomingstydperk vir elke kluster en alle fakulteite, deur die onderskeie verwelkomingstydperke holisties te assesseer, met alle aspekte van die oorgang na die universiteitslewe, akademies en nie-akademies, in ag geneem.

Die monitors probeer om 'n veilige kommunikasiekanaal aan die nuwelinge te verskaf, veral in die diverse studentegemeenskappe, deur hulle bekommernisse, behoeftes en doelwitte by die bestuur te verteenwoordig. Die monitors vervul 'n noodsaaklike rol in die strewe na die institusionele doelwit van die ontwikkeling van inklusiewe, innoverende en toekomsgefokusde studentegemeenskappe.

Vir meer inligting en om aansoek te doen, klik die volgende skakel: https://bit.ly/SUmonitor2022

Aansoeke sluit Vrydag 1 Oktober 2021.