Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Personeel se IRP5/IT3A-vorms nou beskikbaar

​Die Afdeling Menslike Hulpbronne stel graag personeel in kennis dat hul IRP5/IT3A-vorm vir die 2020/2021 belastingjaar (geëindig 28 Februarie 2021) beskikbaar is en direk van SUN-e-HR afgelaai kan word. Geen harde kopie sal aan personeel gestuur word nie.

 Die prosedure vir die aflaai van die IRP5/IT3A-vorm is soos volg:

·      Gaan na SUN-e-HR en teken aan

·      Klik op Employee Self Service

·      Klik op Remuneration and Banking

·      Klik op Tax Certificates

·      Laai dan die spesifieke IRP5/IT3A-vorm wat benodig word af.

Personeellede se IRP5/IT3A-vorm is ook elektronies beskikbaar op hul SARS e-filing profiel.

Tuiskantoor-uitgawes

Personeellede wat wil bepaal of hulle in aanmerking kom om huiskantooruitgawes te eis as deel van die persoonlike belastingopgawes, kan hierdie dokument lees wat as riglyn dien.