Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hierdie diensverskaffers nou eksterne entiteite

​Die beplande implementering van Oracle Cloud Financials (OCF) as die nuwe finansiële stelsel stel die Universiteit Stellenbosch (US) in staat om interne prosesse in sy huidige operasionele bedryfstelsel Tera Term reg te stel. Alhoewel hierdie prosesse oor tyd ontwikkel het, sal dit nie meer binne OCF ondersteun word sodra SUNFin in gebruik geneem word nie. Hierdie kennisgewing fokus op die hantering van eksterne entiteite wat in Tera Term as interne diensverskaffers gelys is.

Stias, African SUN Media en Stellenbosch Centre for Photographic Services is geregistreer as afsonderlike eksterne entiteite by die US. Hulle sal voortaan nie meer hanteer word as US-interne diensverskaffers vir die verkryging van goedere en dienste nie. Al drie hierdie eksterne entiteite is nou in Tera Term as eksterne skuldeisers/verskaffers van die US opgestel met hul eie krediteurekodes soos volg:

Naam van krediteurKrediteurekode
African Sun Media16542
Stellenbosch Centre for Photographic Services62600
Stias30787

 

Met ingang van 1 Augustus 2021 sal goedere en dienste van hierdie drie eksterne entiteite  verkry kan word deur 'n aankooprekwisisie teen die gepaardgaande krediteurskode in te dien (program EAS500P in Tera Term). Betaling vir die goedere en dienste sal geskied deur 'n standaard goedere ontvangsnota (program EAS900P) uit te voer en die faktuur wat deur die eksterne entiteit uitgereik is, aan die Krediteure afdeling te voorsien.   

Goedere en dienste vanaf die drie eksterne entiteite sal nie meer bekombaar wees deur die Interdepartementele rekwisisieproses (EAS505P) nie aangesien die interne OE-dienskodes uit die keuselys verwyder word.  Om die afhandeling van al die onverwerkte rekwisisies voor die inwerkingtredingsdatum te verseker, moet alle interdepartementele rekwisisies teen 15 Julie 2021, afgehandel wees waarna die nuwe proses in aanvang neem.

Kontak asseblief  Aankope en Voorsieningsdienste by pcb@sun.ac.za as jy verdere vrae het of nog hulp nodig het.

Deel asseblief hierdie kommunikasie met die betrokke personeellede binne jou fakulteit / afdeling

Manie Lombard

Hoofdirekteur: Finansies