Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen aansoek vir eksamentoesig vir Junie 2021 – eksamens

Aansoekvorms beskikbaar vanaf Dinsdag 06 April 2021

Indien u graag eksamentoesigdiens wil doen tydens die SU-eksamens vanaf Maandag 21 Junie 2021 tot Saterdag 24 Julie 2021 (volle duurte van eksamenperiode), het u nou geleentheid om aansoek te doen. Slegs eksterne aansoeke sal oorweeg word.

Neem kennis dat COVID – 19 reëls en regulasies nog steeds van toepassing is.

Aansoeke sluit Vrydag 23 April 2021 om 16:30

Minimum kwalifikasie Matriek.

Vergoeding beloop R250 per eksamensessie/ R300 per ekstra skryftyd eksamensessie vir toesighouers en R350 per eksamensessie/ R400 per ekstra skryftyd eksamensessie vir senior toesighouers. Vergoeding vir alle toesighouding tot 24 Julie 2021 sal einde Augustus 2021 betaal word.

Aansoekvorms is per epos beskikbaar vanaf Dinsdag, 06 April 2021. Kontak vir mnr Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za om die aansoekvorm per epos vir u aan u te stuur.

Aansoekers moet asseblief alle afdelings van die aansoekvorms volledig invul en die ingevulde vorm (saam met enige ander dokumentasie wat vereis mag word) moet weer terug aan ge – epos word aan garyk@sun.ac.za voor óf op die sluitingsdatum (Vrydag, 23 April 2021).

​Neekm kennis onvolledige vorms en sonder die nodige dokumentasie (waar aangevra word) sal nie oorweeg word nie. 

Kontak mnr Gary Kirsten by 021 808 9367 of garyk@sun.ac.za  vir verdere navrae.