Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SPESIALE AANBIEDING: Loopbaanadvies vir voornemende studente

​​Bespreek in Januarie en betaal 2020 tariewe!

Wie kan van die loopbaan- en vakkeusevoorligtings diens gebruik maak?
Hierdie diens word aangebied vir graad 9 tot 12 leerders sowel as leerders jonger as 21.

​Wat behels die diens?
Dit sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Laasgenoemde sal binne twee weke na die assessering per epos na jou gestuur word. 

Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aangebied vir alle voornemende studente en nie slegs vir diegene wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil studeer nie. 

Tarief: 
Maandag - Vrydag: R1950 per kliënt
Saterdag: R2400 per kliënt ​

Vir meer inligting en besprekings: csr@sun.ac.za