Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Windows en Office lisensies verval binnekort

As jy sedert die begin van grendeltyd nog nie op kampus was of deur middel van `n VPN (Virtual Private Network) aangeteken het nie, sal jy moontlik binnekort kennisgewings ontvang dat jou Windows en/of Office lisensies gaan verval (sien voorbeelde onder).

Die rede hiervoor is dat jou Windows en Office lisensies nie meer geaktiveer word nie. Wanneer jy op kampus is word dit outomaties heraktiveer via die universiteitsnetwerk. Aangesien jy tans nie op kampus is nie, sal dit nie outomaties gebeur nie. Moet egter nie bekommerd wees nie, dis maklik om reg te stel.

WINDOWS:

      

 

Office:

 

 Hoe kan ek my Windows en Office sagteware weer aktiveer?

  1. Installeer Secure VPN of teken `n versoek aan op ons portaal sodat `n tegnikus jou kan help.
  2. Maak seker dat jou laptop of rekenaar se wagwoord dieselfde is as die een wat jy vir VPN gebruik. Instruksies hoe om dit te doen.
  3. Teken aan op die universiteitsnetwerk met VPN. Los jou rekenaar aan met jou VPN oop vir ongeveer 2 ure sodat die Window en die Office outomaties kan aktiveer.

Waar kan ek gaan kyk dat my Windows weer geaktiveer is?  

Waar kan ek gaan kyk dat my Office geaktiveer is?