Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
PhD-beurse in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Die Universiteit Stellenbosch se Nagraadse Skool vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe wag tans aansoeke in vir die Skool se voltydse residensiële PhD-program.

Geskikte kandidate word genooi om aansoek te doen vir drie jaar lange voltydse doktorale beurse vir studie vanaf Januarie 2021 in die navorsingsprogramme van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Beurse ten bedrae van minstens R138 000 per jaar vir drie jaar sal toegeken word. Verdere inligting oor die huidige navorsingstemas, aansoekvorms en -prosedure is beskikbaar by: http://www.sun.ac.za/english/faculty/economy/gem