Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Personeel parkeeraansoeke vir 2020 sluit 8 November 2019

​Personeellede wie parkering in 2020 gaan benodig, het vanaf 16 Oktober 2019 tot 8 November 2019 om aansoek te doen. Dit geld vir personeel van die Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellville Park-kampusse wat aangewysde parkering het, asook nuwe aansoekers.

Ad hoc- en tydelike personeel kan nou ook elektronies aansoek doen vir parkering. Maatskappye of instansies wat kantoorruimte by die US het, moet ook voor die sluitingsdatum aansoek doen.

U huidige aangewysde parkering bly in plek tot 31 Desember 2019, waarna die nuwe toekenning geldig is vanaf 1 Januarie 2020 tot 31 Desember 2020.

As u elektroniese aansoek suksesvol ingedien is, sal u per e-pos daarvan in kennis gestel word. Indien u nie ʼn e-pos-kennisgewing ontvang nie, is die aansoek nie suksesvol ingedien nie en moet u asseblief die proses herhaal.

Om aansoek te doen gaan na die US se tuisblad (www.sun.ac.za/afrikaans) > Kliek op Personeel > Hulpbronne en beweeg af op die bladsy tot by <2020> Parkeeraansoeke. Staan op Parkering (onder die foto) en kliek dan op Aansoeke & Wysigings > Vir personeel.

Die parkeertariewe vir 2020 kan ook op die webblad gesien word.