Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gelyke Kanse-hofsaak uitgestel

Die US se prokureurs het vroeër hierdie week van die Konstitusionele Hof kennisgewing ontvang dat die aanhoor van die taaldrukgroep Gelyke Kanse se aansoek om verlof tot appèl onbepaald uitgestel word.

Gelyke Kanse het die Konstitusionele Hof genader nadat die Wes-Kaapse Hoë Hof in Oktober 2017 Gelyke Kanse se aansoek om die hersiening en tersydestelling van die proses vir die hersiening van die Taalbeleid en die 2016 Taalbeleid self, afgewys het.

Die rede vir die uitstel is vanweë ʼn opdrag van die Konstitusionele Hof dat die volledige verhoorrekord na Engels vertaal moet word.