Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lewensvatbare Voorsiening van Voedseldiensverskaffing vir die Universiteit Stellenbosch, op Stellenbosch Kampus

Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan.

Stellenbosch Universiteit begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir voedseldiensverskaffing op die kampus te Stellenbosch te verkry. As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Liezl Cilliers, Senior Aankoper, via e-pos by liezlc@sun.ac.za te stuur of om voorleggings aan haar by afdeling Aankope & Voorsieningsdienste (Merrimanlaan) in te dien, teen 17 November 2017 12h00. Mense wat persoonlik insette wil lewer moet asseblief so aandui, en kontakbesonderhede verskaf.  Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.

Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n tender uitgereik word aan voedseldiensverskaffing maatskappye. Die diens wat benodig word, is vir voedselvoorbereiding en bediening by Stellenbosch koshuise op die kampus. Hierdie fasiliteit bestaan uit:

•            13 Voorbereidings kombuise

•            7 Satelliet kombuise

Die volgende aktiwiteite sal met verskillende frekwensies binne bogenoemde ruimtes benodig word:

  • Voedsel voorbereiding
  • Voedsel voorsiening

Die voorstelle sal op die volgende kriteria beoordeel word:

  • Volhoubaarheid van voorstel
  • Bewese menswaardigheid protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne.
  • BBSEB gradering
  • Verwysings van minstens 5 huidige kliënte.
  • Waarde Toevoeging:
  • Voedsel onderrig/bewusmaking
  • Metodologie in terme van:
  • Bestuur van veiligheidsaspekte (OHSA)
  • Gehaltebeheerstelsels
  • Voedselveiligheid/gesondheid voldoening
  • Hoe word kliëntetevredenheid bereik en gewaarborg