Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoeke: Werkstudieprogram 2018

Aansoeke vir Werkstudieprogram 2018 is oop! Werkstudieprogram gee finansiële behoeftige studente 'n geleentheid om 'n inkomste te verdien. Die doel van hierdie program is om studente wat onder finansiele druk verkeer te ondersteun om sodoende in hulle basiese behoeftes te voorsien bv kos, boeke en ander noodsaaklikhede. Stuur asseblief u voltooide aansoekvorm en aangehegte CV voor of op Donderdag 16 November 2017 aan Lizzie Witbooi by lgwitbooi@sun.ac.za.

Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.

Let wel:. Weens beperkte befondsing kan slegs 40 studente in die program akkommodeer word. Die suksesvolle kandidate sal n werksooreenkoms vir 8-maande onderteken en n maksimum van 20 werksure per maand word vereis. Vergoeding is beskikbaar op aanvraag.

 

Kliek hier vir 2018 Aansoeke