Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lewensvatbare Voorsiening van Verhitting, Verkoeling en Lugversorging

Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan .

Stellenbosch Universiteit begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir die voorsiening van Verhitting, Verkoeling en Lugversorging (HVAC) Onderhoudsdienste op die Stellenbosch kampus te verkry. As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Hendri Knoetze, Senior Aankoper, via e-pos by hknoetze@sun.ac.za te stuur of om voorleggings by afdeling Aankope en Voorsieningsdienste (Merrimanlaan) in te dien, teen 26 Oktober 2017. Mense wat persoonlik insette wil lewer moet asseblief so aandui en kontakbesonderhede verskaf. Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.

Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n versoek om voorstelle uitgereik word aan Instandhoudingsdienste Verskaffers. Die dienste wat benodig word, is vir Verhitting, Verkoeling en Lugversorging (HVAC) onderhoud aan die akademiese en koshuisfasiliteite op die kampus. Hierdie fasiliteite bestaan uit:

• Kantore, Klaskamers

• Meganiese Ruimtes

• Sentrale rekenaar en stoorruimtes

• Voedselfasiliteite

• Vergaderruimtes

• Studiearea sonder toilet / bad

• Toilette / badkamers


Die volgende beplande instandhoudingsaktiwiteite sal met verskillende frekwensies binne bogenoemde ruimtes benodig word:

  • Elektriese skakeltuig en beheerpanele
  • Verkoelers, DX en VRV sisteme
  • Koeltorings en Ystenke
  • Hitte uitruilers en waterbehandelingstelsels
  • Pompe en waterverspreidingsnetwerke
  • Lughanteringseenhede en waaiers 
  • Filterbokse en lugverspreidingsnetwerke
  • Waaiers en lugverkoelingseenhede

Dienste sluit in die bestuur van weksversoeke en personeel, begrotingsvoorstelle –en spandering, asook rapportering van onderhouds statistieke in.

Die voorstelle sal op grond van die volgende kriteria beoordeel word:

  • Volhoubaarheid van voorstel
  • Bewese menswaardigheid protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne
  • BBSEB gradering
  • Verwysings van minstens 5 huidige kliënte
  • Waarde Toevoeging:
  1. Metodologie in terme van:
  • Bestuurskontroles
  • Kommunikasiestelsels
  • Bestuur van veiligheidsaspekte (OHSA)
  • Gehaltebeheerstelsels
  • Op watter manier word sensitiewe areas bestuur
  • Hoe word kliëntetevredenheid bereik en gewaarborg
  1. Beskerming van bates
  • Voorkomende aksies