Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lewensvatbare Voorsiening van Gebou, Elektries, HVAC en Loodgieter Onderhoud Dienste

Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan .

Stellenbosch Universiteit begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir die voorsiening van Geboue-, Loodgiet-, Meganiese- en Elektriese Onderhoudsdienste op die Bellville Park, Tygerberg en Worcester kampusse te verkry. As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Hendri Knoetze, Senior Aankoper, via e-pos by hknoetze@sun.ac.za te stuur of om voorleggings te lewer by afdeling Aankope en Voorsieningsdienste (Merrimanlaan), teen 30 Oktober 2017. Mense wat persoonlik insette wil lewer moet asseblief so aandui en kontakbesonderhede verskaf. Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.

Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n versoek om voorstelle uitgereik word aan Instandhoudings Diensteverskaffers. Die dienste wat benodig word is vir die voorsiening van Geboue- Loodgiet-, Meganiese- en Elektriese Onderhoudsdienste aan die akademiese en koshuisfasiliteite op die kampus. Hierdie fasiliteite bestaan uit:


• Kantore, Woonstelle en Klaskamers

• Meganiese Ruimtes

• Sentrale rekenaar en stoorruimtes

• Voedselfasiliteite

• Sitkamers, Ontspannings en Vergaderruimtes

• Slaap-/Studieareas

• Toilette / Badkamers

Die volgende instandhoudingsaktiwiteite sal met verskillende frekwensies binne bogenoemde ruimtes benodig word:
Gebou batebestuur

  • Onderhoud van geboue, meganiese, elektriese, water en sanitasie dienste
  • Sportvelde, swembad en omtrekke beligting
  • Onderhoud van siviele dienste insluitend paaie, stormwater, water toevoer, sanitasie pyplyne, grondwater en mangate
  • Onderhoud van toegangsbeheertoerusting

​Dienste sluit die bestuur van werksversoeke en personeel, begrotingsvoorstelle –en spandering, asook die rapportering van onderhouds statistieke in.

Die voorstelle sal op grond van die volgende kriteria beoordeel word:

  • Volhoubaarheid van voorstel
  • Bewese menswaardigheid protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne
  • BBSEB gradering
  • Verwysings van minstens 5 huidige kliënte
  • Waarde Toevoeging:
  • Maak en Tipe toerusting
  • Metodologie in terme van:
  • Bestuurskontroles
  • Kommunikasiestelsels
  • Bestuur van omgewings en veiligheidsaspekte (OHSA)
  • Gehaltebeheerstelsels
  • Op watter manier word sensitiewe areas bestuur
  • Hoe word kliëntetevredenheid bereik en gewaarborg
  1. Beskerming van bates
  • Voorkomende aksies