Nagraadse posisies beskikbaar in Na-oes Tegnologie en Waarde toevoeging
Die NRF/DST SARChI Leerstoel in Na-oes Tegnologie se navorsingsgroep is deel van die Fakulteit AgriWetenskappe, Departement Hortologie by Stellenbosch Universiteit. Die laboratorium bestaan uit 'n span van jong dinamiese en entoesiastiese navorsers. Ons navorsing mik om na-oes verliese in die voorsieningsketting aan te spreek om sodoende voedselsekuriteit in Suid-Afrika te verbeter. Hoof navorsingsareas sluit in: Ontwikkeling van koue ketting tegnologieë, nie-vernietigende kwaliteitsmeting en -beheer, asook die kartering en vermindering van na-oes verliese langs die voedselketting. Nog 'n deel van ons navorsing handel oor waardetoevoeging van granate, 'n nuwe produk wat geweldige populariteit in die Suid-Afrikaanse mark getoon het oor die laaste agt jaar.
Is jy 'n spanspeler, gewillig om te leer, 'n kritiese denker en in staat om akkuraat en onafhanklik te werk? Dan soek ons jou!
Vir meer inligting oor die nagraadse posisies wat ons tans beskikbaar het, kliek
HIER
Vir meer inligting oor die nagraadse beurs wat beskikbaar is vir hierdie nagraadse posisies, kliek
HIER
Om die beursaansoekvorm af te laai, kliek
HIER