Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nelson Mandela Dag 2023 – “Die nalatenskap leef voort deur jou”
Outeur: Chevaan Peters
Gepubliseer: 26/06/2023

“Die blote feit dat ons geleef het, is nie wat sin gee aan die lewe nie. Die betekenis van die lewe wat ons lei word bepaal deur die verskil wat ons aan ander se lewe maak." – Nelson Mandela

Die Afdeling Sosiale Impak, die Transformasiekantoor, Menslike Hulpbronne: Personeelgesondheid en ‑welwees, die Taalsentrum, die onderskeie studentegemeenskappe en die Studenteraad nooi die studente- en personeelgemeenskap van die Universiteit Stellenbosch (US) uit om te besin oor, deel te neem aan en met ons mee te werk terwyl ons (1) die behoefte aan volhoubare voedselomgewings op ons kampus beklemtoon; en (2) die noodsaaklike verband tussen personeel- en studentewelstand en aktiewe burgerskap uitlig.

Vanjaar is dit die 10de herdenking van Madiba se heengaan in Desember 2013. Die tema wat die Nelson Mandela-stigting gekies het om die 10-jaar-herdenkingsoproep tot aksie te verwoord is Die nalatenskap leef voort deur jou". Ons word daaraan herinner om ag te slaan op die oproep dat Madiba se nalatenskap werklik deur ons kan voortleef.

Die oproep tot aksie vir Nelson Mandela Internasionale Dag 2023 behels “Die klimaat, voedsel en solidariteit" en dui empatie met die wêreld se mees kritieke behoeftes aan. Die klem op die skep van volhoubare voedselomgewings het direk betrekking op die US se oogmerk wat soos volg lui:

“By die Universiteit Stellenbosch glo ons dat geen student met die bekommernis van voedselonsekerheid belas moet wees nie. Daarom het die Universiteit langtermyn- en volhoubare voedselsekerheidprogramme wat toeganklik is vir alle studente." (Universiteit Stellenbosch, 2023[1]).

Op Mandela Dag 2023 word ons herinner aan die oproep om 67 minute van ons tyd te gebruik om ons gemeenskappe en samelewing op transformerende maniere positief te beïnvloed. In die gejaag van die hedendaagse wêreld word welwees gesien as 'n noodsaaklike komponent van 'n vervullende en gebalanseerde lewe, en daarby ingesluit as ons vermoë om aan ander te gee. Dit sluit nie net fisiese welwees in nie, maar al die geestelike, emosionele, en sosiale aspekte daarvan. By die Universiteit Stellenbosch is welwees noodsaaklik vir die bevordering van akademiese sukses, persoonlike ontwikkeling, en 'n florerende kampusgemeenskap. Dit word as 'n beduidende prioriteit in die Universiteit Stellenbosch Personeelgesondheid en ‑welweesplan (PGWP, Februarie 2021[2]) aangetoon, naamlik “om gehoor te gee aan die oproep om gesondheid en welstand te prioritiseer" wat 'n universiteit in staat stel om die instansie se visie te vervul om in diens van die samelewing te wees.

“Die openbare universiteit het 'n te speel in die skep van 'n meer gelykwaardige samelewing en deur 'n hoë prioriteit op welwees te plaas, kan die Universiteit Stellenbosch nie net die algemene gesondheid en welwees van die personeel en studente verbeter nie, maar ook 'n kultuur van sosiale geregtigheid en aktiewe burgerskap kweek wat verder as die kampus strek," sê die Adjunkdirekteur vir Sosiale Impak, Renee Hector Kannemeyer.

Vanjaar word 25 Julie aangedui as die US se amptelike datum waarop Nelson Mandela Dag herdenk word. Die Afdeling Sosiale Impak en die medewerkers doen 'n beroep op die US-gemeenskap om aan Mandela Dag deel te neem en ons op die hoogte te hou van alle beplande aktiwiteite in Juliemaand. Personeel en studente kan besonderhede van beplande aktiwiteite teen Woensdag, 5 Julie 2023, aan Chevaan Peters by chevaan@sun.ac.za stuur. Die inligting moet onder meer die volgende behels:

'n Paragraaf wat aandui en daarby insluit-

  • wie betrokke is (US belanghebbende(s) en die vennoot of vennote);
  • waar dit plaasvind;
  • wat die aktiwiteit(e) behels;
  • wanneer (datum en tyd) dit plaasvind;
  • 'n uitnodiging vir betrokkenheid; en
  • die kontakpersoon en dié se kontakbesonderhede.

Die inligting word gebruik om 'n lys van alle Mandela Dag‑aktiwiteite vir Julie saam te stel wat op die US-webtuiste geplaas sal word.

Hieronder is 'n uiteensetting van die beplande aktiwiteite:

30 Junie tot 21 Julie

Fakulteite, departemente, en omgewings word aangemoedig om tot en met 21 Julie 2023 bokse of trollies vol te pak ter ondersteuning van studentewelstand. Items kan die volgende insluit:

ToiletwareVoedsel (niebederfbaar)Ander
  • Tandepasta
  • Tandeborsel
  • Seep
  • Waslap
  • Sanitêre produkte
  • Sjampoe
  • Sweetweerder of deodorant (spuit/aanrol)
  • Lyfroom
  • Toiletpapier
  • Mieliemeel
  • Rys
  • Pasta
  • Sardyne
  • Tuna
  • Boeliebief
  • Bone
  • Kekerertjies
  • Gemengde bone
  • Lensies
  • Gebakte bone
  • Suikermielies
  • Tamatie‑en‑uie‑mengsel/‑sous
  • Chakalaka
  • Gemengde groente
  • Cook‑In Sauces
  • Grondboontjiebotter
  • Hawermoutpap
  • Kitsnoedels
  • Koffie
  • Tee
  • Suiker
  • Langlewemelk
  • Water
  • Konfyt
  • Weet‑Bix
  • Brood
  • Kitssop
  • Sjokolade
  • Kombers
  • 'n Bietjie aanmoediging
  • Waspoeier
  • Leesboek

 

 

Fakulteite, departemente, en omgewings wat 'n finansiële bydrae tot die saak wil maak, kan sodanige interne verbintenisse vergemaklik deur kostepunt R6771 en die verwysing “Mandela Dag" te gebruik. Die fondse word gekonsolideer en aangewend vir die aankoop van die items wat in die tabel gelys word. Vir meer inligting kontak mnr Adean Schippers by schippers@sun.ac.za of me Shibu Mamabolo by shibu@sun.ac.za.

Die kontakpersone en aflaaipunte is soos volg:

Stellenboschkampus

  • Die Afdeling Sosiale Impak, Banghoekweg, Ou Lückhoff Skoolgebou. Kontak: Mnr Chevaan Peters by chevaan@sun.ac.za.
  • Die Taalsentrum. Kontak: Me Cheryl Cornelissen by cherylc@sun.ac.za.
  • Die Departement Informasietegnologie. Kontak: Me Mariana Fourie by mpv@sun.ac.za.
  • Menslike Hulpbronne: Personeelgesondheid en ‑welwees. Kontak: Mnr Adean Schippers by schippers@sun.ac.za of me Shibu Mamabolo by shibu@sun.ac.za.
  • Die Fakulteit AgriWetenskappe, JS Marais‑gebou, Kamer 1033. Kontak me Monika Basson by mh@sun.ac.za.
  • Die US Biblioteek- en Inligtingsdiens. Kontak: Mnr Jeremiah Pietersen by jeremiahp@sun.ac.za.​

​Tygerbergkampus

Die Tygerberg-spensprojek

Die verskillende koshuisspense op kampus vorm die ruggraat van korttermynvoedselsekerheid vir die Tygerberg-kampusstudente. Hierdie spens bied kos aan hulpbehoewende studente en word deur toegewyde huiskomiteelede bestuur.

Die Tygerberg-spensprojek dra by tot hierdie poging deur die koshuisspense te ondersteun met bykomende produkte wat ingesamel word deur skenkingsveldtogte. Hierdie samewerkingspoging verseker 'n noemenswaardige stap in die regte rigting om voedselsekuriteit op Tygerbergkampus te verseker

Indien jy belangstel om betrokke te raak en vir meer inligting, kontak vir me. Isabella Turner by 22904131@sun.ac.za  

25 Julie – Personeel‑ en Studentewelwees‑ervaring

Plek:     Endler Voorportaal

Tyd:      11:00 – 14:00

'n Welswees‑ervaring vir personeel en studente is van 11:00 tot 14:00 beskikbaar. Dit behels 'n interaktiewe sifting waar kernliggaamsmetings en bloedtoetse uitgevoer word. Welwees‑siftings is belangrik aangesien 'n mens jou huidige gesondheids‑ en lewenstylrisiko's kan bepaal en raad kan bekom oor hoe om die geïdentifiseerde risiko's te hanteer. 'n Volledige sifting neem tussen 35 en 40 minute om af te handel. Jy ontvang 'n omvattende verslag oor jou gesondheid en welwees ná die sifting.

'n Professionele welwees‑spesialis voer die volgende siftingsevaluerings uit:

  • Glukose-, cholesterol- en bloeddruktoetse
  • 'n Posturale assessering
  • Metings vir gewig, lengte en liggaamsmassa-indeks (LMI)
  • 'n MIV‑toets

Indien jy 'n MIV-toets wil laat doen, verskaf die welwees‑spesialis berading voor en ná die toets afgelê is. Die uitslae van die welwees‑sifting en die MIV-toets word in geheel vertroulik hanteer.

In 'n poging om ons te help om 'n aangename ervaring te verseker, dui asseblief jou belangstelling aan deur hier te klik of bespreek nou jou sitplek vir die Discovery Welsweeservaring.

Al wat jy moet weet

  • Bring jou mediesefondskaart en ID of rybewys saam
  • Trek gemaklik aan – vir sommige ondersoeke moet jy kaalvoet wees (geen sokkies of kouse nie)
  • Vul die voorafassesseringsvraelys in voor jy die Discovery Welweeservaring bywoon. Jy sal ʼn skakel na die vraelys saam met jou besprekingsbevestiging ontvang.

Studentewelwees

Vanaf 12:30 tot 13:30 sal 'n kort boodskap afgelewer word aan personeel en studente ter ondersteuning van welwees en word die vul-'n-boks-/trollie-inisiatief bekend gestel wat die voedselonsekerheid van studente op US‑kampusse wil verlig.

Personeel en studente word op koffie en pannekoek getrakteer, en ontvang hand-, skouer- of kopmasserings en koopbewyse op die grondslag van eerste daar, eerste klaar.

Ander aktiwiteite tydens Mandela Maand sluit in:

25 Julie – BASK (Baccalaureus Artium Studentekomitee) se Toebroodjie‑veldtog

Die Baccalaureus Artium Studentekomitee in samewerking met die Rampeenheid van die Stellenbosch Munisipaliteit gaan 67 minute lank 67 hoendermayonnaise‑toebroodjies berei. Die studente verpak die toebroodjies en lewer dit by kwesbare persone af.

Die toebroodjie‑veldtog vind by die Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou plaasvind. Kontak me Eyethu Mbele by 24950467@sun.ac.za vir meer inligting.

26 Julie – Brei kring (Tygerbergkampus)

Van 12:00nm tot 16:00nm bied Tygerberg Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Biblioteek 'n brei kring aan wat items ter herdenking van Nelson Mandela gaan brei. Kontak mnr Jeremiah Pietersen by jeremiahp@sun.ac.za of mnr Timilehin Aderibigbe by timilehin@sun.ac.za vir meer inligting.

26 Julie – Mandela Dag‑lesing (Transformasiekantoor)

Van 17:00 tot 19:30 bied die Universiteit Stellenbosch Museum die Transformasiekantoor se Mandela Dag-lesing aan. Meer besonderhede en inligting oor die lesing word later gedeel. Vir meer inligting en navrae kontak me Shanté Neff by shante@sun.ac.za.​


[1] https://www.sun.ac.za/english/access-food-security-programmes

[2] https://www.sun.ac.za/english/human-resources/Documents/Wellness/SU%20Staff%20Health%20and%20Wellbeing%20Plan%20Approved.pdf