Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Derde Internasionale Werkswinkel oor Transnasionale Misdaad in Afrika
Outeur: Professor F. Vreÿ
Gepubliseer: 03/04/2023

​​Die vennootskap tussen SIGLA en DTRA van die VSA het sedert 2016 'n reeks werkswinkels opgelewer. In 2023 was die derde tema Kuberveiligheid in Afrika en is op Stellenbosch aangebied. Ongeveer 85 afgevaardigdes van Afrika, die Afrika Unie,  INTERPOL, UNODC, RSA, VSA, en VK het oor 3 dae deelgeneem. Die program het verskeie temas ingesluit: Die rol van INTERPOL, die Afrika Unie, kritieke infrastruktuur, SABRIC, maritieme kuberveiligheid, asook grondliggende maatreëls om kwesbare groepe soos vroue en die jeug te beskerm en te bemagtig. Navrae Prof Francois Vreÿ - fvrey@sun.ac.za (0825934225)