Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Siggestremde US-graduata weier dat teenspoed haar lewe versuur
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking (Anél Lewis)
Gepubliseer: 29/03/2023

Ondanks talle uitdagings – soos ʼn siggestremdheid wat haar loopbaan as radiograaf kortgeknip het, swak gesondheid en toe die verlies van haar huis in verlede jaar se verwoestende vloede in KwaZulu-Natalwas Ngcamu onwrikbaar daartoe verbind om die wêreld beter en meer inklusief te maak. 

Haar tesis, “Die uitwerking van sauerkraut op menslike gesondheid, voeding en voedselsekerheid: ʼn oorsig van die literatuur”, bekyk maniere hoe kool plaaslik verwerk kan word om voedselsekerheid en voeding te verbeter.  


ʼn Begeerte om die kwessies wat plaaslike gemeenskappe raak, beter te verstaan het Ngcamu van meet af gemotiveer om verder te studeer. Toe ʼn oogtoestand haar verhinder het om haar loopbaan as radiograaf voort te sit, het sy ʼn bakkery-franchise begin om haar seun en sibbes te onderhou. Ongelukkig moes sy dié onderneming weens die “onderdrukkende en diskriminerende” behandeling van swart vroue in die sakewêreld sluit 


Maar ek was nie gereed om tou op te gooi nie,” sê sy. Omdat sy graag ander vroue-entrepreneurs wou help, het sy ʼn BA-graad in Sosiale Wetenskappe en ʼn BCom-graad in Kleinsakeontwikkeling voltooi. ʼn Nagraadse Diploma in Gestremdheidstudie aan die Universiteit van Kaapstad het gevolg om die uitdagings van gestremde vroue-entrepreneurs te bestudeer. ʼn Belangstelling in maniere waarop sakeondernemings meer mense met gestremdhede kan akkommodeer, het tot ʼn begin in ‘n MPhil in Inklusiewe Innovasie gelei 


Nadat ʼn skildklierkwaal amper haar dood veroorsaak het, het Ngcamu besluit om vir ʼn Diploma in Voeding te registreer om die rol van kos in optimale gesondheid te ondersoek. Sy het besef gefermenteerde voedselsoorte speel ʼn belangrike rol om die liggaam te genees en het ʼn maatskappy geregistreer wat voorspraak maak vir die uitskakeling van kos wat skadelik vir die dermkanaal is


Haar begeerte om meer te weet het weer eens tot ʼn nuwe akademiese pad gelei. Nadat sy op haarself geëksperimenteer het deur produkte te gebruik wat sy in haar kombuis gebrou en gefermenteer het, het Ngcamu besluit sy wil die impak van gefermenteerde kos op die liggaam bestudeer. Sy het by die US ingeskryf en die fokus van haar studie beperk tot die wyse waarop kool, wat algemeen in Suid-Afrika gekweek word, wanvoeding en voedselonsekerheid kan help uitwis.  


Deur ons gesondheid ernstig op te neem deur te kies wat ons eet, kan ons eendag ʼn land sonder wangevoede kinders met dwerggroei,” meen sy 


Ngcamu se siggestremdheid was dwarsdeur haar akademiese loopbaan ʼn uitdaging. “Ek het nooit verwag ek sou soveel moes lees nie.” Hoewel sy dikwels gesukkel het om aan kursussameroepers te verduidelik dat sy sukkel om toegang tot inligting te bekom weens haar swak sig, het sy “wonderlike” steun van die US se Eenheid vir Gestremdhede ontvang. Danksy die Eenheid se steun en finansiering het sy toegang tot toepaslike sagteware gekry om artikels in ʼn toeganklike formaat te omskep 


Sy was goed op dreef om haar MSc te voltooi toe die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal haar huis verlede jaar vernietig het 


Dit het nie net haar gesin van ʼn dak oor hul kop ontneem nie, maar haar skootrekenaar met sy hulpgewende tegnologie was ook tot niet. “Net ’n mens met ʼn siggestremdheid sal weet wat dit beteken om sonder dié sagteware oor die weg te probeer kom.”  


Ngcamu het besluit om na die Wes-Kaap te verhuis sodat sy die hulp kon kry wat sy nodig gehad het en haar tesis kon voltooi.  

Sy skryf haar sukses toe aan prof Gunnar Sigge, haar toesighouer en medeprofessor in en hoof van die Departement Voedselwetenskap, asook personeellede van die Fakulteit AgriWetenskappe, onder wie Julia Harper en Anneke Muller.  


Hierdie onstuitbare entrepreneur en akademikus se reis op soek na kennis is nog lank nie verby nie. Sy het ʼn praktyk begin wat dermkanaalgesondheid ondersoek en sy werk saam met die Tegnologie-innovasie-agentskap aan ʼn voedselbankprojek. Verdere toekomsplanne sluit in om volgende jaar ʼn doktorsgraad aan te pak.   


Fotograaf: Stefan Els