Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US verwelkom 'n 100 regsgeleerdes vir Global Scholars Academy
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 18/01/2023

Die Global Scholars Academy (GSA) is 'n jaarlikse internasionale geleentheid van die Harvard Law School se Instituut vir Globale Reg en Beleid (IGLP) om jong akademici bymekaar te bring om idees uit te ruil en hul navorsing te bespreek

Prof Nicola Smit, dekaan van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Regsgeleerdheid – gasheer vir die week se verrigtinge, het die jong academici en mentors van regoor die wêreld verwelkom en gesê die US wil baie graag die gaping tussen die universiteite van die noorde en dié van die suide verklein – wat ook goed aansluit by die visie van die GSA. “Toe die IGLP die samewerking voorgestel het, het ons saamgestem dat daar 'n tasbare behoefte is om die volgende generasie akademici sowel as die akademiese instellings waarin hulle werk, te versterk. Van die waardevolste geskenke in die akademie, naamlik tyd wat aan navorsing en die deel van kundigheid gewy word, is die grondslag van hierdie hele week se ervaring," het sy gesê.

“Daar is geen maklike antwoorde vir ons en die jonger geslag se komplekse uitdagings nie. Maar as ons mildelik kan luister, met nuuskierigheid kan luister en met eerlikheid en 'n oop gemoed kan praat, sal ons reeds 'n vrugbare Akademie hê," het Smit bygevoeg.

Prof David Kennedy, Direkteur van die IGLP, wat die GSA-byeenkomste wat wêreldwyd sedert die IGLP se ontstaan 15 jaar gelede gehou word, het gesê die reaksie en verteenwoordiging van beide Suid-Afrika en ander lande in Afrika vir vanjaar se GSA is uiters bemoedigend. Die US voeg hom nou by die geledere van ander IGLP-vennootinstellings in lande soos Thailand, Columbië, Brasilië, Doha en Spanje aangesluit as deel van die vinnig groeiende internasionale GSA-netwerk.

“Die fokus van die GSA is navorsing. Die feit dat die Universiteit Stellenbosch 'n gesofistikeerde navorsingsinstelling is wat op die hoogtepunt van globale navorsingsuitnemendheid funksioneer, het dit 'n geskikte basis gemaak vir die GSA-gesprekke wat vanjaar plaasvind, ook in die konteks van nouer samewerking tussen die globale noorde en die globale suid," het Kennedy gesê.

Met verwysing na die GSA se voorafgaande internasionale simposium-tema (gehou op Saterdag 15 Januarie) van Inequality and insecurity: Contemporary challenges and the quest for justice, het Kennedy daarop gewys dat ongelykheid en armoede wêreldwye verskynsels is: “Streeks- en globale ongelykheid is 'n dryfkrag vir al die GSA-deelnemers, beide die senior mentorskapfakulteit en die jong, geselekteerde akademici. In die bespreking van hierdie en ander dringende wet- en beleidskwessies is dit van kritieke belang vir ons visie om oor plaaslike uitdagings in 'n globale konteks te dink.

“My hoop is dat al die deelnemers wat hier vergader oop gesprekke sal voer, robuuste debat sal over, maar met respek en vertroue, wat weer sal lei tot blywende samewerking en netwerkvorming; kollegas lewenslank. Ek het dieselfde sentiment teenoor die vennootskap tussen Harvard Universiteit en Universiteit Stellenbosch: 'n langtermyn en volhoubare verhouding."

*Hierdie week se GSA sluit skryfwerkswinkels, rondetafelbesprekings en aanbiedings deur hoëprofielgassprekers in, insluitend advokaat Tembeka Ngcukaitobi, lid van die Regshervormingskommissie, en skrywer van die boek The land is ours; advokaat Michelle le Roux en regter David Dennis, skrywers van die boek Warfare; prof Fatima Kahn, Direkteur van die Eenheid vir Vlugtelingeregte aan die Universiteit van Kaapstad; professore Michael Sachs en Cathi Albertyn van die Universiteit van die Witwatersrand; professore Thuli Madonsela en Sonia Human van die US se Fakulteit Regsgeleerdheid; mnr Ayabonga Cawe van Xesibe Holdings (Pty) Ltd; en dr Nthabiseng Moleko van die Stellenbosch Bestuurskool.

Foto: Prof David Kennedy,  Direkteur van die Harvard Law School se Instituut vir Globale Reg en Beleid (IGLP) en prof Nicola Smit, Dekaan van die US se Fakulteit Regsgeleerdheid.