Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-Taalbeleid bly onveranderd in ooreenstemming met goeie oorsigbestuur en bestuurspraktyk en nie as gevolg van politieke druk
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 30/11/2022

Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs die verslag van die onafhanklike Khampepe-kommissie van ondersoek na beweerde rassisme by die Universiteit van oudregter Sisi Virginia Khampepe, 'n afgetrede regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, ontvang. Die bestuur van die US is steeds besig om die verslag en aanbevelings grondig te bestudeer. Die US is daartoe verbind om die aanbevelings van die verslag te oorweeg ten einde te verseker dat die kampusgemeenskap versterk word as divers, inklusief en as 'n plek van behoort waar navorsing en onderrig van wêreldgehalte kan floreer.

Soos reeds verlede week in 'n mediaberig gemeld is, asook tydens die mediakonferensie na die vrystelling van die verslag, het prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, beklemtoon dat geen verandering aan die US se taalbeleid tans voorsien word nie aangesien die hersieningsproses in 2021 voltooi is. Die implementering van die hersiene beleid het in Januarie 2022 afgeskop. Die taalbeleid is regtens as konstitusioneel grondig bevestig. Dít word nie aan enige eksterne invloede toegeskryf nie, maar is danksy die Universiteit se gesonde oorsigbestuursbeginsels as 'n goedbestuurde instelling met duidelike regulasies en beleide. Dit is tydens 'n Raadsvergadering bevestig waarvan die verrigtinge en inhoud vertroulik is volgens die Gedragskode vir Raadslede. Feestelike uitsprake wat beweer dat sommige aanbevelings weens politieke ingryping omvergewerp is, is eenvoudig verkeerd en is nie in ooreenstemming met hierdie gedragskode nie.

Die huidige taalbeleid by die US vier die kreatiewe waarde van die diversiteit van die sprekers van die amptelike onderrigtale wat by die US gebruik word. Dit is in ooreenstemming met die Departement van Hoër Onderwys se nasionale riglyne vir veeltaligheid by universiteite.

Die regte van Afrikaans, Engels en isiXhosa en die sprekers van hierdie tale sal deur die meertalige benadering van die Universiteit as 'n verbintenis tot die implementering van ons Taalbeleid en nie as gevolg van enige eksterne politieke ingryping of ander intervensies nie.

In teenstelling met beweerde aansprake, handel die Khampepe-kommissie se aanbevelings hoofsaaklik oor die informele gebruik van die tale en hoe alledaagse gebruik groter inklusiwiteit moet kweek. Die US sal 'n meer inklusiewe taalbenadering in die informele kampussamelewing bevorder in die gees van die Universiteit se waardes en in ooreenstemming met die US se baie sterk standpunt teen enige vorm van rassisme of vooroordeel.

Aansprake dat die US bevooroordeelde sienings jeens sommige aanbevelings inneem as gevolg van eksterne invloed en druk, is blatant opportunisties, blaas verdelende menings aan en ondermyn die Universiteit se onwrikbare pogings om 'n meer inklusiewe omgewing te skep waar mense van alle tale en agtergrond by die instelling 'n tuiste in hoër onderwys kan vind.

Die US moet daarop wys dat die Kommissie se verslag en aanbevelings tans bestudeer word en die aanvaarding en inwerkingstelling van of aangepaste reaksie op aanbevelings is nog nie gefinaliseer nie. Die Kommissie het heeltemal onafhanklik gewerk, sy menings is uiters geloofwaardig en die US respekteer die uitkomste van die verslag. Die beste belang van die hele US-gemeenskap en die welstand van ons studente en personeel is die bepalende faktor in die dieper bestudering van die verslag in die ware gees van verwelkomende inklusiwiteit en behoort.

Die Universiteitsbestuur het in Mei vanjaar die onafhanklike Khampepe-kommissie van ondersoek na beweerde rassisme by die Universiteit aangevra as deel van die US se verbintenis daartoe om rassisme en diskriminasie met wortel en tak uit te roei. Die volledige verslag van die Kommissie is op die US se webtuiste beskikbaar in belang van deursigtigheid en in 'n opregte soeke na 'n beter en meer inklusiewe voorneme op ons kampusse. Die Universiteit moedig kommentators aan om die volledige verslag te lees alvorens geselekteerde opmerkings of bewerings oor die aanvaarding of verwerping van enige aanbevelings as 'n geheel of gedeeltelik gemaak word.

Die noemenswaardig dat die Kommissie bevind het dat die Universiteit se transformasieprogramme aan die beginsels van waardigheid, heling, sosiale geregtigheid, vryheid en gelykheid, soos vervat in die Grondwet van Suid-Afrika, voldoen. Die Kommissie het egter opgemerk dat meer werk nodig is om sistemiese rassisme en vooroordeel te verm​y. Elkeen, ongeag hulle ras of klas, het sonder vrees of guns 'n rol by die US om te speel om saam te staan en saam te werk vir 'n wedersydse-voordelige, verenigde Suid-Afrika.

Die sorgvuldige oorweging van die verslag geniet tans die Universiteitsbestuur se volle aandag. Besliste optrede en verdere aankondigings soos nodig, sal volg.