Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Opvoedkunde Fakulteit Webinaar oor Onderrig en Leer: 13 Oktober 2022
Outeur: Dr Anthea H M Jacobs
Gepubliseer: 31/10/2022

​Die Vise-Dekaan (Onderrig en Leer) van die Opvoedkunde Fakulteit, Professor Michael le Cordeur, het onlangs 'n meningstuk gepubliseer in The Daily Maverick (18 Julie 2022) getitel “We need a curriculum overhaul to equip young people for the workplace of the future". In daaropvolgende besprekings het die vraag ontstaan, “Waar begin ons met hierdie groot taak?" Daar was instemming dat 'n goeie beginpunt vir die bespreking die organisasie van 'n aanlyn onderrig- en leer-webinaar sou wees, met die gebruik van “toekomsdenke" en program-hernuwing as vertrekpunte. Die webinaar het plaasgevind op 13 Oktober en die geleentheid word hieronder kortliks opgesom. 

Onderw​​erp

 “2032 – alternatiewe toekomste van onderrig, leer en assessering" 

Aanbieder

Doris Viljoen

Die aanbieder het haar praatjie afgeskop met die volgende aanhaling van Jerome Glenn: “Ons gaan altyd die onbekende instap – maar ons hoef dit nie onkundig te doen nie". 

Gedagtig aan hoe die verskillende globale verskuiwings en neigings in opvoedkunde ons raak as individue, as 'n fakulteit of samelewing, is die vraag of gegradueerdes gelewer deur die Opvoedkunde Fakulteit in staat sal wees om te funksioneer as opvoeders en fasiliteerders van leer in die wêreld van werk in 2032? Dit is hoe Doris Viljoen, Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool die probleem gestel het in haar toespraak. 

One of the biggest global changes currently facing academics and those trying to shape the face of teaching, learning, and assessment is the nature of human knowledge and how humans access it. 

Een van die grootste uitdagings wêreldwyd vir akademici en diegene wat die gesig van onderwys, leer, en assessering probeer vorm, is die aard van menslike kennis en hoe mense daartoe toegang kry. Die gemak waarmee die mens nou in staat is om digitaal en afstandelike toegang te kry tot massiewe hoeveelhede inligting, gekoppel met die groeiende verwagting om in staat te wees om jou ondervinding te hiper-verpersoonlik, vereis vloeibaarheid in ons verhouding-betrokkenheid by belanghebbers, soos ons (as akademici) die mede-skepping van kennis fasiliteer deur verskeie vorms van samewerking met studente en eweknieë. Op hierdie wyse kan ons begin om te voldoen aan die veranderende en unieke behoeftes van ons studente sodat hulle in staat is om sin te maak van onderrig, leer en assessering. Tydens die praatjie het me. Viljoen sommige van die uitdagende realiteite genoem wat Suid-Afrikaners in die gesig staar, soos pogings om die 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik, wat nie geïgnoreer kan word wanneer studente se strewe na verdere opvoeding in ag geneem word nie. Sy het ook verwys na Suid-Afrikaners se veerkragtigheid, ratsheid en vermoë om te funksioneer in komplekse omgewings as sterkpunte waarop staatgemaak kan word in die ewig veranderende landskap van onderrig, leer en assessering. 

Me. Viljoen het haar aanbieding afgesluit deur ons te herinner om altyd nuuskierig te bly, om diverse of ongunstige opinies te soek, en om gewillig te wees om die onbekende binne te tree deur nuwe idees te omhels en deur nuwe koerse in te slaan ten spyte van die vele onsekerhede wat op ons wag. Tydens die bespreking daarna, het een van die aanwesiges gevra wat die toekoms inhou vir onderwysers in 'n toenemende post-menslike, tegnologie-gedrewe wêreld wat ook onderwyser-tekorte verwag teen 2030. In reaksie het me. Viljoen aangedui dat die geprojekteerde onderwyser-tekorte bereken word gebaseer op ons huidige begrip van wat 'n klaskamer of skool of onderwyser is. Ons moet egter ontvanklik wees vir verandering en alternatiewe onderrig- en leer-moontlikhede en geleenthede oorweeg in samewerking met mede-praktisyns van hoër onderrig terwyl ons beplan vir die toekoms. 

Die seminaar is bygewoon deur 20 personeellede van die Opvoedkunde Fakulteit, en daar was lewendige betrokkenheid by die MS Teams-vergadering se kletsfunksie. In die woorde van een van die deelnemers het die aanbieding “baie waardevolle, insigryke inligting gebied wat 'n mens tot nadenke stem oor die toekoms van die opvoedkunde." 

Die opname van hierdie webinaar is hier beskikbaar.