Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Departement Bos- en Houtwetenskap huisves die "FarmImpact" projek navorsers (Sep. 2022) om die integrasie van bome in agro-ekosisteme van die Wes-Kaap te ondersteun.
Outeur: Prof Ben du Toit
Gepubliseer: 11/10/2022

​Die "FarmImpact" projek (ondersteun as deel van die CLIENT II-program deur die Duitse BMBF) kombineer 'n groter groep kundiges van verskillende wetenskaplike agtergronde en stel moderne tegnologie bekend soos numeriese modellering van nabygrondse windvelde en gewas-evapotranspirasie, mikroklimaat- en ekofisiologiese metings, hommeltuig en satellietgebaseerde afstandswaarneming en grond- en hidrologiese modelle om die presiese waterbehoeftes van gewasse te bepaal. Sentraal tot die projek is die gebruik van boomwindskerms wat 'n volhoubare en hernubare oplossing bied om windspoed en evapotranspirasie te verminder. Die windskermbome verskaf ook bykomende ekosisteemdienste (bv. skaduwee, bestuiwingsdienste, skuiling, en, belangriker, dit sekwestreer koolstof om globale klimaatsverandering te verminder).

Die Departement Bos- en Houtwetenskap (DBHW) het van 20-22 September 2022 'n vergadering vir die "FarmImpact"​ projek navorsers in Stellenbosch aangebied om die finale integrasie van die resultate wat tot dusver verkry is te bespreek en om voor te berei vir 'n boekpublikasie wat die wetenskaplike prestasies van die navorsingsprojek sal bespreek. Die voorgestelde titel van die boek is “Windbrekings in moderne landbou en hortologie: Integrasie van bome in agro-ekosisteme in die Wes-Kaap, Suid-Afrika". Die boek word beplan vir publikasie in 2023. Ben du Toit, Anton Kunneke en Deon Malherbe het namens die DBHW bygedra. Die leser word na hierdie webwerwe verwys vir meer besonderhede:

https://www.bmbf-client.de/en/projects/farmimpact   

https://www.fona.de/de/aktuelles/nachrichten/2022/220921_CLIENT_Abschluss_Farm Impact.php  ​