Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2023-aansoeke vir huidige US studente oopgestel
Outeur: Registrar / Registrateur​
Gepubliseer: 04/07/2022
​​Beste Student

Soos jy moontlik reeds weet, is die Universiteit Stellenbosch (US) tans besig om na ‘n nuwe studente-inligtingstelsel, SUNStudent, oor te skakel. Indien jy beplan om aansoek te doen om in 2023 met ‘n nuwe program te begin, is jy een van die eerste huidige US-studente wat via hierdie nuwe stelsel aansoek doen.
 
Die volgende US studente-kategorieë moet hierdie nuwe aansoekproses gebruik:
  • huidige voorgraadse studente wat beplan om in 2023 na ‘n ander voorgraadse program oor te skakel;
  • huidige voorgraadse studente wat beplan om in 2023 met ‘n nagraadse program te begin;
  • huidige nagraadse studente wat beplan om in 2023 vir ‘n hoër nagraadse program in te skryf; en
  • huidige doktorale kandidate wat in 2023 met ‘n na-doktorale program wil begin.
Aansoeke vir bogenoemde kategorieë open op Maandag, 4 Julie 2022. Neem asseblief kennis van die sluitingsdatums vir 2023 se aansoeke vir die onderskeie akademiese programme aangesien laat-aansoeke nie oorweeg kan word nie. Voorgraadse aansoeke sluit op 31 Julie 2022. Besoek die nagraadse webblad vir inligting oor die sluitingsdatums vir nagraadse aansoeke.
 
Let asseblief op die volgende stappe om aansoek te kan doen:
  1. SUNStudent-aansoekportaal
Toegang tot die aansoekportaal is HIER beskikbaar.
  1. Aansoekproses
Volg asseblief hierdie stappe:
 
Stap 1: Meld op die aansoekblad aan via die Applikant-ikoon en klik op die Skep jou profiel-skakel.
 
Stap 2: Kies die skakel: Huidige/oudstudent of Personeel.

Stap 3: Tik jou studentenommer en geboortedatum in die volgende formaat: <Studentenommer>jjjjmmdd> (voorbeeld: 1234567820020612 en klik op Haal inligting.
 
Stap 4: Werk die Skep jou profiel-blad by.
NEEM KENNIS: Inligting wat met grys gemerk is, kan net verander word deur ‘n formele eposversoek aan info@sun.ac.za te stuur. Jy kan die eposadres gebruik wat op die blad verskaf word of jy kan dit vervang met ‘n nuwe eposadres vir kommunikasie met jou.
 
Stap 5: Skep ‘n nuwe wagwoord vir jou aansoek vir 2023.
 
Stap 6: Sodra jy die Skep jou profiel-blad voltooi en op die Skep-skakel geklik het, sal daar ‘n sukses-boodskap verskyn. Jy kan dan die skakel kies om met jou aansoek voort te gaan, of na die aansoekskerm terugkeer. Daar sal jy dieselfde eposadres en wagwoord moet verskaf wat jy op die Skep jou profiel-blad in stap 4 ingevoeg het.

Stap 7: Klik op Programkeuse op die aansoekportaal en dan op Voeg by om jou keuse aan te dui. Kies die Fakulteit, Programtipe en Program, Studiejaar en klik op Stoor.
 
Stap 8: Klik op Persoonlike Inligting en voltooi dan die ontbrekende besonderhede. Klik op Stoor.

Stap 9: Klik op Betaling en Ooreenkoms. Kies “Ek aanvaar die Aansoekvoorwaardes en Bepalings” en klik dan op Dien aansoek in.
 
Stap 10: Studente wat tans by die US geregistreer is en studente wat in 2022 geregistreer was, maar intussen hul studies gestaak het, hoef nie die aansoekgeld te betaal nie. Kies asseblief die opsie Sal later betaal wanneer jy jou aansoek indien sodat ons die aansoekgeld kan kwytskeld.
  1. Navrae
Enige navrae oor jou aansoek kan aan ons Kliëntedienste by info@sun.ac.za gestuur word.
 
Ons sien daarna uit om jou aansoek te ontvang.
 
Vriendelike groete
 
Dr Ronel Retief
Registrateur​