Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Totsiens Liana Roos, ’n kantoorbestuurder duisend
Outeur: Departement Afrikaans en Nederlands
Gepubliseer: 01/06/2022

​​

Die Departement Afrikaans en Nederlands het op 31 Mei afskeid geneem van mev Liana Roos wat ná 16 jaar na die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal skuif.

Liana het in 2006 uit die korporatiewe sektor by die Departement aangesluit  en het baie vinnig by die eise van die akademiese wêreld aangepas. Sy het haar haar administratiewe pligte met geweldige doeltreffendheid afgehandel én met vriendelikheid en deernis wat almal altyd op hulle gemak gestel het.

As probleemoplosser en iemand met 'n oog vir ontwerp het sy die Departement se webwerf in stand gehou en bygedra tot plasings op sosiale media.

Gevra wat haar tekortkominge is, erken sy dat sy nie vinnig kan tik of stadig kan stap nie.

Die Departement se personeel en studente sal haar ontsettend baie mis. Ons verlies is beslis die WAT se wins.