Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Programvernuwing as wegwyser: Die profiel van die afgestudeerde, soos inverbeel vir menige toekomste
Outeur: Antoinette van der Merwe
Gepubliseer: 06/05/2022

​Programvernuwing is in Augustus 2021 deur die Rektoraat as een van sewe wegwysers (game changers) vir die Universiteit uitgelig. In lyn hiermee, het die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking op Woensdag 20 April 2022 'n institusionele werksessie getiteld “Programme renewal as game changer: Imagining graduates of the futures" by Devonvale Gholflandgoed aangebied. Die werksessie is deur Doris Viljoen, Direkteur: Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Stellenbosch Bestuurskool, gefasiliteer en bygewoon deur byna honderd personeellede van al 10 fakulteite en die steundienste-omgewings, asook studente.

Die fokus van die dag was tweeledig: die viering van die programvernuwingsproses binne fakulteite tot op hede sowel as die inverbeel van die wenslike profiel van 'n US-afgestudeerde van die toekoms binne 'n paar moontlike scenarios vir die US in 2032. Terugvoer, soos ingewin tydensdinkskrumsessies sal by die hersieningsprosesse van die US se Leer- en Onderrigbeleid, die Strategie vir Onderrig en Leer en die Digitale Leer- en Onderrigstrategie ingewerk word. Nico Simpson, konseptuele kunstenaar het ook op die dag almal se insae in prente vasgevang.

Die programvernuwingsproses by die US het 'n lang aanloop, met die eerste universiteitswye werksessie wat in Mei 2017 deur Gilly Salmon gefasiliteer is. Sedertdien is groot vordering gemaak met fakulteitspesifieke programvernuwingsprojekte, ondersteun deur die Universiteitskapasiteitontwikkelingstoelae (UCDG). Hierdie werksessie was 'n uitspan-geleentheid, waar fakulteite die lesse en suksesse van hul onderskeie programvernuwingsprosesse  kon vier en  nuwe moontlikhede kon inverbeel vir hulle verdere programvernuwingsinisiatiewe vir 2022 en verder.

Program renewal graduates of the future list.jpgProgram renewal amazing journey.jpg 

Program renewal game changer.jpgProgram renewal imaging a range of plausible futures.jpg 

Program renewal Imagining graduates of the futures.jpgProgram renewal quadrant with gradual success to dying fast.jpg 

Program renewal I am from Stellenbosch therefore I can.jpgProgram renewal_equipping the country.jpg