Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons moet leerders help om die magiese krag van boeklees te ontdek
Outeur: Zelda Barends
Gepubliseer: 25/04/2022

Wêreldboeke- en Kopieregdag is op Saterdag 23 April gevier. In ʼn meningsartikel vir Cape Times skryf dr Zelda Barends van die Departement Kurrikulumstudie dat ons bewustheid moet skep oor die voordele van boeklees omdat dit leerders kan help om die magiese krag en waarde van boeke te ontdek en hulle kan inspireer om meer te lees.

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hieronder.

Zelda Barends*

Wêreldboeke- en Kopieregdag, 'n UNESCO-inisiatief, word jaarliks op 23 April gevier om die genot van boeke en lees te bevorder en om erkenning te gee aan die magiese krag van boeke. Ongelukkig sal baie Suid-Afrikaanse leerders nooit die voorreg hê om dit te kan geniet nie. Dit is deels weens die lae vlakke van geletterdheid onder ons leerders, asook weens die gebrek aan toegang tot boeke en leesmateriaal op 'n vroeë ouderdom.

Maar dit is darem nie net slegte nuus nie. Ongelooflike werk word gedoen om hierdie kwessies aan te spreek. Navorsers, aktiviste, onderwysers, regeringsamptenare en nieregeringsorganisasies (NRO's) het al baie ure gespandeer om toeganklikheid tot boeke en hoë-gehalte programme te verbeter wat op die verbetering van leerders se leesvlakke fokus. Belanghebbende vennote werk hard om die geletterdheidkrisis te verstaan en aan te spreek sodat toepaslike sektore gepaste intervensies kan ontwikkel om die narratief te verander en aan ons leerders 'n ware kans te bied.

Ter erkenning van hierdie daadwerklike pogings wat aangewend word om ons leerders se leesvlakke te verbeter, kan ons ouers, versorgers en praktisyns help om sekere vaardighede vas te lê ten einde doeltreffende leesvermoë by die leerders in hul sorg te kweek. Om hierdie tipe ondersteuning te bied, is dit belangrik om die grondslag van die leerproses om te lees te verstaan.

Dit is uiters noodsaaklik dat leerders meer van boeke en woorde in veral die vroeë leerstadiums leer. Om 'n vaardige leser te word, moet 'n leerder inderdaad leer hoe die woorde wat hy/sy hoor en gebruikers in hul gesproke taal deur die gedrukte teks wat hulle lees, verteenwoordig word. 'n Leerder moet klaarblyklik daarvan bewus word dat woorde uit individuele klanke saamgestel word. Die wetenskaplike term hiervoor is fonemiese bewustheid.

Ten slotte …

Leerders moet toegelaat word om met klanke te eksperimenteer, met woorde te speel en “onsin"-woorde te skep terwyl hulle nuwe klanke aanleer. Dit stel hul bewustheid van klanke in woorde in werking en verbeter hul fonologiese bewustheid.

Terwyl ons bewustheid skep oor die voordele van boeklees, moet ons ook probeer om elke liewe ouers, versorger en praktisyn te help wat onvermoeid poog om ons land se leerders op hul leesbaan te ondersteun. Deur dít te doen, mag ons dalk net leerders help om die magiese krag en waarde van boeke te ontdek en hulle inspireer om meer te lees.

  • Klik hier om die geplaasde artikel te lees.

*Dr Zelda Barends is 'n dosent and Grondslagfase-koördineerder in die Departement Kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch.