Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreldnierdag: Meer hulpbronne nodig vir groter toegang tot niervervangingsterapie
Outeur: Yazied Chothia
Gepubliseer: 10/03/2022

Op Donderdag 10 Maart vier ons Wêreldnierdag. In ʼn meningsartikel vir Health24 skryf dr Yazied Chothia (Afdeling Nefrologie) oor die beperkte toegang tot en lae behandelingskoers van niervervangingsterapie en waarom meer hulpbronne nodig is sodat pasiënte hierdie lewensbelangrike behandeling kan ontvang.

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hieronder.

Yazied Chothia*

Op 10 Maart vier ons Wêreldnierdag. Na raming moet 850 miljoen mense wêreldwyd met chroniese niersiekte (CNS) saamleef. Dit beteken ongeveer een uit elke tien mense word geraak. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beskou niersiekte as die tiende hoogste oorsaak van sterftes wêreldwyd, met 'n geskatte 1,3 miljoen sterftes weens die siekte wat in 2019 voorgekom het.

Die vernaamste oorsake van CNS in Afrika suid van die Sahara sluit in nie-oordraagbare siektes (NOS's) soos hipertensie en diabetes en oordraagbare siektes soos MIV-infeksie. Met die verwagte toename in die voorkoms van hierdie NOS's weens 'n passiewe leefstyl, swak dieetkeuses en vetsug, gaan 'n vloedgolf van niersiektes Afrika na verwagting in die nabye toekoms tref.

Chroniese niersiekte kan asimptomaties bly totdat 90% of meer nierfunksie verlore gegaan het. Daarom is die sifting van bevolkings wat die gevaar loop om die siekte te ontwikkel, belangrik sodat ingrypings kan plaasvind om te voorkom dat die siekte verder vorder. Mense met hipertensie, diabetes, MIV-infeksie, diegene ouer as 50, met 'n familiegeskiedenis van niersiekte, aangebore toestande soos polisistiese niersiekte en 'n geskiedenis van hartsiekte of beroerte moet gesif word. Sifting sluit in die neem van bloeddruk, die gebruik van urine-peilstokkies om te kyk vir proteïen en bloed in die urine, en 'n bloedtoets bekend as kreatinien om nierfunksie te meet.

Klik hier om die res van die geplaasde artikel te lees.

*Dr Yazied Chothia is 'n senior dosent en nefroloog by die Afdeling Nefrologie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch.