Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#MaroenMaandae: Kom wys jou Matie-gees!
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 22/02/2022

Neem deel aan #MaroenMaandae.

Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge in samewerking met Maties Sport, vra personeel, studente en alumni om ons manne in maroen tydens die Varsitybeker-toernooi te ondersteun, en terselfdertyd ook hul deel vir die studentegemeenskap te doen.

“Al wat jy hoef te doen om deel van die #MaroenMaandae-beweging te word is om jou maroen Maties-t-hemp, hoodie of frokkie te kry, dit elke Maandag vir die duur van die Varsitybeker-toernooi te dra en 'n skenking te maak aan die Universiteit se Jaarfonds, Bridge the Gap," sê Viwe Benxa, Alumnibetrekkinge-koördineerder.

Die Universiteit samel fondse in vir verskeie inisiatiewe onder die vaandel van Bridge the Gap, wat daarop gemik is om die struikelblokke wat Maties verhoed om 'n betekenisvolle studente-ervaring te geniet en daardie gesogte graad te behaal, uit die weg te ruim. Die inisiatiewe sluit in #Move4Food, die Tygerberg Pantry-projek, #Action4Inclusion, #GradMe, #Zim4Zim, #EndPeriodPoverty, #MatiesHaveDrive en Caught in the Middle.

Klik hier om meer oor die Jaarfonds te lees.

“Dit is 'n wen-wen situasie," voeg Benxa by. “Jy kan goed lyk in jou maroen, die Maties-gees ervaar, uitmuntende rugby geniet, en studente help wat so baie struikelblokke op hul pad na sukses teëkom."

Die Universiteit Stellenbosch se Maties Rugby-span het hul 2022 Varsitybeker-veldtog op Maandag 14 Februarie op 'n wennoot afgeskop toe hulle die verdedigende kampioene Tuks op hul tuisveld geklop het. Op Maandag 21 Februarie het die maroenmasjien egter hul wedstryd teen die Universiteit van Vrystaat by Shimlapark verloor.

Jy kan beslis nie Span Maties se volgende wedstryd misloop nie. Dit is 'n tuiswedstryd teen Ikeys by die Danie Craven-stadion. Maak seker jy koop jou Varsitybeker-kaartjies hier. Onthou ook om die BTG webwerf te besoek vir al die maklike opsies om te skenk.  

Varsitybeker-wedstrydlys

Maandag 28 Februarie, 19:00 FNB Maties vs FNB Wits | Danie Craven-stadion

Maandag 7 Maart, 19:00 FNB Maties vs FNB UJ | Danie Craven-stadion

Maandag 14 Maart, 19:00 FNB CUT vs FNB Maties | CUT Rugby-stadion

Maandag 21 Maart, 19:00 FNB Maties vs FNB NWU | Danie Craven-stadion | TV

Maandag 28 Maart, 19:00 FNB UCT vs FNB Maties | UK Rugbyvelde | TV

Maandag 4 April, 19:00 FNB Maties vs FNB Madibaz | Danie Craven-stadion

Maandag 11 April, 19:00 FNB Maties vs FNB UWK | Danie Craven-stadion

Vir die ondersteuners wat nie die wedstryde kan bywoon nie, besoek die Varsitybeker-webwerf https://www.varsitycup.co.za/ vir die nuutste uitslae, kyk verskeie wedstryde op SuperSport en plaas jou #MaroenMaandae-foto's op Maties Sport en Stellenbosch Alumni se sosiale media kanale.