Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons wenresepte
Outeur: Operations and Finance
Gepubliseer: 16/11/2021

Ons wenresep: Liz Dirkse van Schalkwyk se stadig geroosterde skaapskenkels op 'n bed romerige kapokaartappels met vinkel-, appel- en ertjieslaai

 

Lewer 4

 

Stadig geroosterde skaapskenkels

 

2-4 lamskenkels, ongeveer 400g elk

1 tl elk sout en peper

2 - 3 eetlepels olyfolie, ????? Ek verstaan nie hierdie gedeelte so mooi nie, ook nie by die Engels nie

1 koppie fyngesnyde uie (bruin, geel of wit)

3 knoffelhuisies, fyngekap

1 koppie wortel, fyn gesny

1 koppie seldery, fyn gekap

2 1/2 koppies / 625 ml rooiwyn, volrond (wyn van goeie waarde, nie duur nie!)

800g blikkie fyngemaakte tamaties

2 eetl tamatiepasta

2 koppies / 500 ml hoenderaftreksel, lae natrium (of water)

5 takkies tiemie (verkieslik saamgebind), of 2 tl gedroogde tiemie

2 gedroogde lourierblare (of 4 vars)

 

Metode

Voorverhit die oond tot 180oC.

Dep die lamskenkels droog en sprinkel sout en peper oor.

Verhit 2 eetlepels olyfolie in 'n swaarboompot oor hoë hitte. Braai die lamskenkels in 2 sarsies tot bruin oraloor, sowat 5 minute

Verwyder lamsvleis op 'n bord en dreineer oortollige vet (indien enige) uit die pot.

Draai die hitte af na medium laag. Verhit oorblywende 1 eetlepel olyfolie in dieselfde pot, indien nodig. Voeg die ui en knoffel by, kook vir 2 minute.

Voeg wortel en seldery by. Kook vir 5 minute totdat die ui deurskynend en soet is.

Voeg die rooiwyn, hoenderaftreksel, fyngemaakte tamatie, tamatiepasta, tiemie en lourierblare by. Roer om te kombineer.

Plaas die lamskenkels in die pot, druk dit in sodat hulle meestal onder water is.

Draai stoof op, bring tot prut. Bedek en sit dan oor na die oond vir 2 uur.

Haal uit oond, verwyder deksel en keer dan terug na die oond vir nog 30 minute (dus 2 1/2 uur in totaal). Maak seker dat die lamsvleis uiters sag is (gebruik 2 vurke) – indien nie, bedek en hou aan kook. Ideaal is sagte vleis maar hou nog net vas aan been.

Haal lamsvleis uit op bord en hou warm. Pluk uit en gooi lourierblare en tiemie weg.

Syg die sous in 'n bak, druk om al die sous uit die groente te trek.

Gooi gedreineerde sous terug in pot. Bring tot prut oor matige hitte en verminder effens tot 'n stroop. Proe en voeg dan sout en peper na smaak by.

 

Kapokaartappels

12 medium aartappels geskik vir fynmaak, geskil

1 1/4 koppies warm volroommelk

1 koppie ongesoute botter saggemaak by kamertemperatuur (nie gesmelt nie)

1 1/2 tl seesout, of na smaak

1 Eetlepel vars pietersielie of grasuie, fyn gekap vir garnering

 

Metode

Skil aartappels (sny aartappels middeldeur indien baie groot). As jy wil hê die aartappels moet die gladste moontlik wees, kan jy die tyd neem om die klein knopies van die aartappels met 'n klein lepel of die punt van 'n aartappelskiller te verwyder. Plaas aartappels in 'n groot pot en voeg genoeg koue water by om aartappels te bedek. Bring tot kookpunt en kook gedeeltelik bedek totdat dit maklik met 'n mes deurboor word (kook 20-25 minute, afhangend van die grootte van jou aartappels).

Dreineer goed en sit oor na die bak van jou staanmenger. (Jy kan ook 'n bak en handmenger gebruik). Gebruik die klitseraanhegsel en druk aartappels liggies met die hand fyn om dit op te breek. Pas menger met klitser aanhegsel aan en begin menger op lae spoed 30 sekondes, verhoog dan tot medium en drup stadig 1 tot 1 1/4 koppies WARM melk in.

Met menger aan, voeg sagte botter 1 eetlepel op 'n slag by, wag 'n paar sekondes tussen elke byvoeging. Aartappels moet geklop en donsig wees. Voeg laastens 1 1/2 tl sout by, of na smaak.

Om kapokaartappels warm te hou tot opdiening: bedek aartappels en plaas in 'n warm oond of skep in ʼn prutpot om aartappels warm te hou totdat dit gereed is om te bedien.

 

Vinkel, appel & ertjieslaai

3 Mediumgrootte Vinkelbolle

2 Groen Appels

100g Bevrore Ertjies

80ml olyfolie

2 suurlemoene, sap uitgedruk

2 tl seesout

1 tl strooisuiker

100g Parmesaan

2 eetlepels platblaar pietersielie, gekap

 

Metode

Sny die vinkelbolle in die lengte in kwarte, gooi enige lelike buitenste blare weg en sny die kern weg.

Skil en ontkern die appels en sny in die lengte in kwarte.

Gebruik 'n groot sjefsmes om die vinkel en appel in baie dun skywe te sny.

Voeg bevrore ertjies, vinkel en appel in 'n bak en bedek met water.

Gooi die olyfolie in 'n groot bak, voeg die suurlemoensap by, druk dan die sout tussen jou vingers fyn en voeg dit saam met die suiker by die bak.

Klits alles saam en voeg dan die gesnyde vinkel, appel en ertjies by. Bedek dit goed met die vinaigrette en plaas dit in 'n opdienskottel.

Gebruik 'n aartappelskiller om die parmesaan oor die slaai te skeer, en eindig met die pietersielie.

 

Bediening

Bedien die lamskenkels (heel of in porsies) op 'n bed kapokaartappel met baie sous en bedien die Vinkel-, Appel- en Ertjieslaai op die kant.


Suzette Els se Liplekker Lamsboud

 

1 Lamsboud

Sout, peper en knoffelhuisies (geskil) Roosmaryn

4-6 Appels

Gevriesde ertjies (500ml)

1-2 Sprietuie

1 Vinkelbol

250ml Appelsap

Sap van 1 suurlemoen )suurlemoenskil gerasper)

 

Metode:

Smeer growwe sout en peper oor lamsboud. Druk paar gate in met 'n skerp mes en plaas heel knoffelhuisie in elk.

Sny appels in kwarte en plaas in oondbak.

Gooi gevriesde ertjies by.

Kap sprietuie en vinkel bol fyn en strooi oor appels saam met bietjie roosmaryn.

Plaas lamsboud bo op in oondbak.

Meng appelsap, suurlemoensap en suurlemoenskil en gooi oor lamsboud.

Bak in oond vir 30 minute op 220 oC tot boud bruin is. Stel oond laer na 150 oC en bak verder vir ongeveer 45 minute of tot gaar.

Geniet!


Madelein Mitchell se gebakte lam met baba-aartappels, appels en suurlemoen sap

(Genoeg vir 4 – 6 porsies)

 6 lamstjops

1 takkie roosmaryn, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

500 g baba-aartappels, skil en al gekook tot sag

2 appels in wieletjies gesny

1 x Vinkel bol 

200g ertjies

sout en varsgemaalde swartpeper

45 ml olyfolie

 

Metode:

Verhit oond tot 200 °C. Pak die tjops in 'n oondvaste bak. Sprinkel die vinkelbol, roosmaryn, knoffel, suurlemoensap en -skil bo-oor. Pak die geskilde aartappels bo-op. Krummel feta en gooi bo-oor alles en geur goed met sout en swartpeper. Sprinkel olyfolie oor. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.

Maak die ertjies in 'n potjie met 'n bietjie suikerstroop apart gaar.

Sit warm voor met 'n lekker glas rooiwyn.