Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sakeleiers inspireer OPTIMUS-studente
Outeur: Sharon Malan
Gepubliseer: 08/10/2021

OPTIMUS-studente het by gesprekke met vooraanstaande sakeleiers gebaat gedurende 'n onlangse geleentheid wat deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe georganiseer is. By dieselfde geleentheid is sertifikate oorhandig aan derdejaar- OPTIMUS-studente wat die program suksesvol voltooi het.

Die hoofdoel van die OPTIMUS-program is om top voorgraadse akademiese uitblinkers in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op hul akademiese reis te ondersteun om volgehoue prestasies wat hul onderskei, gedurende hul studiejare by US en daarna te verseker.

Die programaktiwiteite is op 4 Oktober 2021 by Middelvlei afgesluit met 'n geleentheid genaamd “Engagement with a leader". Vier vooraanstaande sakeleiers het hul lewensverhale aan die groep bestaande uit tweede- en derdejaar OPTIMUS-deelnemers vertel.

Die lewensverhale van prof Rachel Jafta, US hoogleraar in Ekonomie en voorsitter van die Media-24-direksie; mnr André Labuscaigne, uitvoerende hoof van Cape Union Mart; en mnr Zac Rusagara, entrepreneur en medestigter van Chommies.com het die studente geïnspireer. Mnr Bertus de Waal, direkteur van Dewvest, is deur Matimu Ngobeni, 'n aktuariële gegradueerde, verteenwoordig.

Advies het die volgende ingesluit: om 'n mens se geestesingesteldheid te verander, om buite 'n mens se belangstellingveld te lees, om aktief stappe te neem, om konneksies te bou, om te reis, om ekstra takies te doen, en om nooit 'n mens se wortels te vergeet nie. Studente is ook onder die indruk gebring dat sukses in baie gedaantes kom.

  • Alle foto's deur Anton Jordaan
  • Foto hierbo: Sertifikate is aan derdejaar- OPTIMUS-studente wat die program suksesvol voltooi het, ​oorhandig.

Optimus_2ndYears_2021_small.jpg

 Tweedejaar- OPTIMUS-studente


Optimus_people_2021_small.jpg

Van links na regs: Prof Ingrid Woolard, dekaan van die US Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe; prof Rachel Jafta, hoogleraar in ekonomie en voorsitter van Media24; mnr André Labuscaigne, uitvoerende hoof van Cape Union Mart; en prof Ronel du Preez, visedekaan: Leer en Onderrig, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Optimus_Middelvlei_2021.jpg
 OPTIMUS-studente geniet die voorgereg by Middelvlei Plaas, Stellenbosch.