Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Taaldag 2021: Laat ’n meertalige instelling in jou ontvou
Outeur: Susan Lotz
Gepubliseer: 29/06/2021

Ter viering van die geleenthede en moontlikhede wat meertaligheid ons bied, bied die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking Taaldag 2021 aan. Die geleentheid vind van 08:00 tot 14:00 aanlyn op 30 September plaas. ʼn Beperkte aantal personeel en geregistreerde studente van die Universiteit Stellenbosch (US) kan die geleentheid bywoon, en as jy een van hulle wil wees, kyk hierdie video, lees gerus verder en dui via die aangeduide vorm aan dat jy belangstel. 

Taaldag 2021 is ʼn geleentheid waar jy, as lid van ons US-kampusgemeenskap, met ander kan skakel die moontlikhede wat meertaligheid bring. Taaldag handel nie oor die Taalbeleid self nie, maar bied akademici, studente en professionele akademiese steundienste- (PASD-)personeel ’n geleentheid om by mekaar te leer sodat ons die gesprek oor taal aan die US nuut kan benader. Ons sal maniere bespreek om ’n meertalige ingesteldheid by onderrig, leer en assessering sowel as by die sosiale lewe buite die klas te integreer. Die tema vir die dag is Taal, leer, leef! Die implementering van meertaligheid by die US in akademiese en sosiale ruimtes. 

As jy wil aansluit by die gesprek, kan jy hierdie vorm invul om aan te dui dat jy belangstel om Taaldag 2021 by te woon: https://forms.office.com/r/dBpSAgxjj2. Die geleentheid maak voorsiening vir 150 US-personeellede en -studente. ʼn Gedeelte van die totaal bestaan uit personeelbenoemings uit fakulteite en PASD-omgewings benoemings uit ons studentegemeenskap. 


Ons het nog ʼn aantal plekke beskikbaar vir studente en personeel om by ons aan te sluit. Hierdie plekke sal gevul word soos belangstellendes aanmeld, en registrasie sal sluit wanneer ons die maksimum aantal deelnemers bereik het. Ons kan dus nie waarborg dat jy sal plek kry nie, maar ons waardeer jou belangstelling! Jy sal ʼn e-pos ontvang om jou deelname te bevestig. Hierdie bywoningsbeperking verseker dat ons genoeg tyd het om boeiende gesprekke te hê wat al ons deelnemers se bydraes verteenwoordig, te kan hê. Maar moenie te afgehaal voel as jy nie kan bywoon nie. Ons sal ʼn opsomming van die hoofpunte wat bespreek is, beskikbaar maak ná die geleentheid.  


Wil jy graag meer oor Taaldag weet, of meer uitvind oor meertaligheid self? Besoek gerus ons webblad oor Taaldag en ʼn meertalige instelling vir meer oor ons filosofie wat meertaligheid betref, interessante artikels oor taal aan die US, en ʼn paar terme (met verduidelikings) wat jy kan gebruik om oor taal te gesels: https://languagecentre.sun.ac.za/n-meertalige-ingesteldheid/?lang=afr ​

​​