Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die meeste leerders in Grade 10, 11 en 12 is te oud vir hul graad
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 02/09/2021

'n Groot aantal leerders verlaat die skool voor matriek, terwyl die meeste leerders nie die kennis en vaardighede verwerf wat hulle benodig om binne die bestemde tyd deur die stelsel te vorder nie.

Dit is sommige van die tendense wat uit 'n onlangse studie by die Universiteit Stellenbosch (US) blyk.

'n Verslag deur die navorsingseenheid oor sosio-ekonomiese beleid (ReSEP) aan US getuig van belangrike gebreke in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel.

Die verslag met die titel “Learner flows through schools: Using high quality administrative data to understand education system performance" maak van beskikbare datastelle gebruik en dui aan dat die meeste leerders nie die nodige kennis en vaardighede verwerf wat benodig word om binne die bestemde tydperk deur die stelsel te vorder nie. Baie leerders val uit sonder dat hulle 'n matriekkwalifikasie behaal het.