Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-alumna Dr Patience Mbava aangestel as voorsitter van Finansiële en Fiskale Kommissie
Outeur: SPL Media Reporter
Gepubliseer: 19/08/2021
​Die Finansiële en Fiskale Kommissie (Kommissie) kondig graag die aanstelling van sy voltydse voorsitter Dr Patience Nombeko Mbava aan deur die president van die Republiek van Suid-Afrika, Mnr Cyril Ramaphosa. Dr Mbava word aangestel vir 'n termyn van vyf jaar met ingang van 17 Augustus 2021.

Dr Nombeko Mbava het 'n doktorsgraad: Openbare en Ontwikkelingsbestuur; en MBA (Universiteit Stellenbosch) sowel as 'n BA in Ekonomie (Smith College, Massachusetts, VSA). Sy het 'n magdom kundigheid as lid van verskillende rade. Dr Mbava was die hoof van moniterings- en evalueringseenhede in openbare entiteite, waar sy strategiese leierskap verskaf het vir aktiwiteite wat verband hou met die ontwikkeling en bestuur van organisatoriese strategieë. Sy het as raadslid by die South African Monitoring and Evaluation Association gedien. Sy is 'n navorsingsgenoot - Public Sector Monitoring and Evaluation, Stellenbosch University School of Public Leadership (SPL).  Dr Mbava het uitstekende akademiese toekennings en prestasies

Die Kommissie wil ook die ondervoorsitter bedank vir sy rentmeesterskap tydens sy amp as waarnemende voorsitter na die ontydige afsterwe van die voormalige voorsitter wyle prof Daniel Plaatjies.

Die kommissie sien uit na die leiding van dr Mbava en wens haar sterkte toe met haar verantwoordelikhede.