Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bekendstelling van studente digitale welwees e-boek
Outeur: Dr Sonja Strydom
Gepubliseer: 18/08/2021

​Die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) en die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) het saamgewerk en 'n interaktiewe open source aanlyn publikasie met die titel Enter the world of digital wellbeing ontwikkel. Die doel van die e-boek is om bewusmaking te kweek en die belangrikheid van digitale welstand te beklemtoon. Verder hoop die skrywers ook dat dit ons 'n geleentheid sal gun om krities na te dink oor ons verhouding met digitale toestelle en die internet. Die onderwerp is tans veral relevant gegewe die huidige situasie waar die meeste van ons daaglikse interaksies via 'n vorm van digitale platvorms plaasvind.

 

Drie personeellede, naamlik Dr Sonja Strydom (SLT), Dr Elmien Sinclair (SSVO) en Me Christa Koch (SSVO) was betrokke by die skep van die e-boek.

Die e-boek bestaan uit drie hoofafdelings, naamlik:

• 'n inleiding tot digitale welstand;

• selfbeeld, identiteite en aanlyn verhoudings; en

• die bestuur van die rol van digitale tegnologie in jou lewe.

 

Hierdie e-boek bied lesers die geleentheid op 'n interaktiewe en ondersoekende reis en is daarop gemik om hulle toe te rus met kennis en vaardighede wat nodig is om verantwoordelikheid vir jou welstand in 'n gedigitaliseerde wêreld te neem.

 

U kan toegang kry tot 'n inleidende video op https://bit.ly/DWIntroVideo

Die aanlyn boekie is beskikbaar op https://bit.ly/DWeBook