Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Welige groentetuin ʼn lafenis vir FGGW-studente
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Florence de Vries
Gepubliseer: 09/07/2021

Studente by die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) geniet ʼn lafenis van studente lewe in die vorm van ʼn welige groentetuin wat hulle die afgelope twee jaar na omsien.

In 2019 het die FGGW, wat op die Tygerberg-kampus gesetel is, ʼn Groentetuinklub gestig wat studente in die geneeskunde en gesondheidswetenskappe programme 'groentyd' in die son en terapie in die vorm van tuinmaak bied. In 2020 het die Covid-19-pandemie gedreig om studente se tuinmaakplanne te kortwiek, maar studente wat op kampus woon het aangehou om dit te versorg, en het te midde ʼn pandemie wat die omgang tussen mense heeltemal verander het, dit lewensveranderend ervaar.

Nthabiseng Xashimba, ʼn finale jaar MBChB-student wat in Huis Ubuntu woon, het die volgende gesê: “Ek het besef hoe wonderlik dit is om tyd in en om die tuin deur te bring. Ek kan eerlikwaar sê dat om deel te wees van die tuinprojek een van my topvyf beste ervarings op universiteit was." Sy het gesê dat die groentetuin, wat langs die sportveld op die Tygerberg-kampus geleë is, die inperking wat in Maart 2020 begin het, meer draaglik gemaak het. “Dit is ʼn merkwaardige ruimte en ʼn groot bonus is dat dit saam met wonderlike mense kom. Ons is almal verskillend en ons paadjies sou nooit gekruis het as dit nie vir die tuinklub was nie."

Die Groentetuinklub is in 2018 deur die Dekaan se Advieskomitee vir Omgewingsvolhoubaarheid (DACES) gestig in ʼn poging om meer groen ruimtes by die universiteit se Tygeberg-kampus te skep. Oor die loop van twee jaar het die Groentetuinklub tot baie meer as net nog ʼn groen ruimte op kampus ontwikkel. Dit is ʼn ruimte waar studente gaan om spanning die hoof te bied, om verhoudings te bou en mekaar uit te help en by te staan, en al hierdie interaksies vind plaas in die skoonheid van die natuurlike omgewing.

Hannah van Stelten, ʼn BNurMid-student aan die FGGW, het gesê dat sy op die ingewing van die oomblik by die tuinklub aangesluit het. “Hierdie groeiende gemeenskap van heilsame, pragtige karakters van wie ek al so baie geleer het oor hoe om volhoubaar en holisties te lewe. Van hoe om basil-saailinge te plant, tot om bamboespale op te stel vir pronkertjie spruite om aan vas te klou, tot om maniere te vind om honger molle en tarentale af te weer, of Prinsesvlei te besoek vir ʼn skoonmaaksessie. Ek is dankbaar dat ek hierdie lafenis op kampus gevind het en is opgewonder oor die ontwikkeling daarvan."

Naledi Khoali, ʼn vyfde jaar MBChB-student het gesê dat die tuin by die Tygerberg-kampus haar 'gelukkige plek' geword het.

Christine Groenewald, die DACES-koördineerder by die Tygerberg-kampus het gesê dat hulle poog om kos van die res van die kampus se afvalstroom te skei om die hoeveelheid wat na vullingsafval gestuur word te verminder. “Ons verwerk die kompos wat ons in die kampustuin, en natuurlik ook die groentetuin kan gebruik, en dit rond die siklus mooi af." DACES het ook in Mei vanjaar nuwe bome op die Tygerberg-kampus geplant om die lewens van personeel en studente wat die afgelope jaar gesterf het herdenk.

Die afgelope drie jaar het DACES hard daaraan gewerk om die totale afval wat na vullingsafval gaan te verminder. Statistieke toon dat hulle pogings vrugte werp met die hoeveelheid afval wat na vullingsafval gaan wat voordurend afneem. Hier is die statistieke vir die Tygerberg-kampus:

 

TYGERBERG-KAMPUS AFVAL-STATISTIEKE:

Mei 2019 tot April 2020:

Totale afval vir die jaar 178 495 kg
Totale afval na vullingsafval 71 373 kg (40% van totale afval)
Totale herwinning 90 240 kg (51% van totale afval)
Totale organiese afval (kos) 16 882 kg (10% van totale afval)

 

Mei 2020 tot April 2021:

Totale afval vir die jaar 147 385 kg
Totale afval na vullingsafval 47 206 kg (32%)
Totale herwinning 97 895 kg (66%)
Totale kos-afval 2 284 kg (2 %)