Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoeke is oop vir die US Techpreneurskapsentrum se tweede Datawetenskap en Entrepreneurskap oefenkamp vir 2021
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 03/06/2021

Die Universiteit Stellenbosch LaunchLab se nuutgestigte US Techpreneurskapsentrum (US TPS) bied in Julie vanjaar sy tweede Data Wetenskap, Masjienleer and Entrepreneurskap oefenkamp aan nadat die eerste groep die program in Maart 2021 suksesvol voltooi het.

Die US TPS is 'n nuwe inisiatief vir datawetenskap en entrepreneuriese ontwikkeling wat ontwerp is deur die US LaunchLab, die Universiteit se tegnologie- en entrepreneurskap-inkubator, in samewerking met die US Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke. Die sentrum bied kursusse aan wat die gaping tussen tegnologie en entrepreneurskap oorbrug deur kandidate bloot te stela an diepgaande programmeringsvaardighede in datawetenskap en hoe om hierdie vaardighede in die bedryf te gebruik.

Die US LaunchLab se uitvoerende hoof, Joshua Romisher, sê hulle is opgewonde om die volgende program van stapel te stuur nadat 90% van eerste groep se deelnemers onderhoude by vennootmaatskappye kon kry het nadat hulle die eerste kursus in Februarie gevolg het. Die meeste van hulle is suksesvol by die maatskappye geplaas.

Die tweede program bestaan uit 'n 4-weeklange, voltydse oefenkamp gedurende die wintervakansie in Julie en Augustus. Kundiges van die US LaunchLab en die US Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke sal 'n reeks onderwerpe dek soos masjienleertegnieke, algoritmes en modelle, data-ondersoek en -ontleding in Python, asook sagte vaardighede soos SCRUM, Agile en Kanban.

Die US TPS-koördineerder Daniel Maloba sê die program, wat gedurende die wintervakansie (13 Julie tot 6 Augustus 2021) aangebied word, is oop vir almal van alle akademiese vlakke en agtergronde om aansoek te doen. Multidissiplinêre aansoekers en agtergronde word baie aangemoedig. “Die kursus is koderingsintensief; daarom beveel ons aan dat kandidate programmeringsbeginsels verstaan, maar dit maak nie saak as hulle geen spesifieke programmeringservaring het nie. "

Een van die deelnemers aan die eerste program, Tanya Meyer, sê die US TPS was instrumenteel in die vinnige vordering wat sy met haar MEng-navorsingsprojek in Masjienleer en Datawetenskap gemaak het. "Dit het my Python-programmeringsvaardigheid die hoogte laatinskiet terwyl ek my sagte tegnologiese vaardighede, wat voorheen nog nie bestaan het nie, ontwikkel het danksy die talle gassprekers, ondernemingsessies en samewerking met kollegas."

Maloba het gesê dat deelnemers wat internskappe soek, nie verder moet kyk as om vir die program in te skryf nie. "Ons het uitstekende bedryfsvennote wat altyd op soek is na nuwe talent," het Maloba gesê.

Aansoeke het op 3 Mei 2021 geopen en sluit op 18 Junie 2021. Aansoekers word deurlopend toegelaat, daarom behoort belangstellende kandidate so spoedig moontlik aansoek te doen.

Die totale koste vir die voltydse program van vier weke is soos volg: US-deelnemer (US-studente, personeel, onlangse graadstudente, alumni, ens.): R10,000 uitgesluit; R11 500 BTW ingesluit.

Klik op hierdie skakel vir meer inligting of om aansoek te doen vir die program. Enigiemand wat meer wil weet oor die inisiatief - aansoekers, vennote wat op soek is na jong talent, of net in die algemeen - kan Daniel Maloba kontak by daniel@launchlab.co.za .​