Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Munisipaliteite moet meer doen om gemeenskappe se probleme op te los
Outeur: Harlan Cloete
Gepubliseer: 11/05/2021

Met die oog op munisipale verkiesings later vanjaar, probeer dr Harlan Cloete  van die Skool vir Publieke Leierskap in ʼn artikel vir News24 (11 Mei) aantoon waarom plaaslike regeringslui meer aandag aan gemeenskappe se probleme behoort te skenk. 

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hier onder.

​Harlan Cloete*

Ons het onlangs 27 jaar van demokrasie gevier. Soveel het op so baie maniere verander en op so baie maniere het niks in Suid-Afrika verander nie. Die duiwels van armoede, werkloosheid, ongelykheid en korrupsie wil ons nie loslaat nie. En kan jy glo, daar is nog steeds geen konsensus oor wie Afrikane is en wie nie.

Vryheidsdag (27 April) was ook 'n geleentheid om verder ondersoek in te stel na hoe ver ons op ons hobbelpad van brose demokrasie gevorder het. Ons het 'n grondwetlike demokrasie, met die grondwet wat die hoogste wet van die land is. Dit reguleer die verhouding tussen diegene in die regering en diegene wat regeer word (staatsbestuur). Die grondwet vereis dat gereelde vrye en regverdige verkiesings gehou word. Op 27 Oktober vanjaar sal ons weer die geleentheid kry om nuwe leierskap vir plaaslike regerings te verkies.

Die grondwet stel 'n munisipaliteit voor as drie akteurs wat die verhoog deel: die verkose (politici), die aangestelde (administrateurs) en die gemeenskap (burgerlike samelewing). Hierdie akteurs is saamgevoeg in 'n ingewikkelde verhouding wat nie sonder probleme rondom beheer en mag is nie. Dit is 'n oorsigbestuurgemors, met die akteurs wat dikwels haaks is, wat beskuldigende vingers wys of wat eenvoudig by die werk slaap. Leierskap is baie dikwels gelykstaande aan 'n vrybrief om te plunder, wat in baie munisipaliteite die geval is.

Demokratiese bestuur word op twee maniere uitgedruk. Eerstens het verteenwoordigende demokrasie politieke partye wat kandidate nomineer en wat dan vir 'n termyn van vyf jaar verkies word. Wanneer hulle eers in hul amp is, het watter party wat ook al gewen het, die reg om te regeer, nie om te beheers nie. Konings en koninginne heers. Politieke partye regeer. Ons moet dit onthou. Die ander kant van verteenwoordigende demokrasie is deelnemende demokrasie, wat die ruimte vir aktiewe burgerlike deelname tussen verkiesings skep – gemeenskappe se ware deelname aan die sake van plaaslike regering, en nie soos 'n GOP-bestuurder my smalend geantwoord het, “ons neem kennis", toe ek hom uitvra oor wat met al die gemeenskappe se insette gebeur nie.

Hierdie model van voetsoolbestuur gee gestalte aan verkose wykskomitees, die grondwetlike struktuur wat as die arms en bene van deelnemende demokrasie beskou word. Hulle is 'n nie-party-struktuur wat verskillende belangegroep en individue binne 'n geografiese wyk die geleentheid gee om te droom en te waag. 

Maar vorige navorsing het hul mislukking bewys. In baie gevalle is hulle niks anders nie as soetliefkomitees wat op aandrang van die wyksraadslid funksioneer, met die raadslid wat as beide skeidsregter en speler optree. Ondoeltreffend.

Klik hier om verder te lees wat dr Harlan Cloete, 'n buitengewone dosent in die Skool van Publieke Leierskap aan die Universiteit Stellenbosch, sê. Sy vernaamste navorsingsbelangstelling is die bestudering van doeltreffende en ondoeltreffende menslike hulpbronontwikkeling-bestuurstelsels in die openbare sektor en stel baie belang in plaaslike regering. Hy is ook die voorsitter van die gemeenskapsradiostasie, KC 107.7.