Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sê jou sê
Outeur: Equality Unit
Gepubliseer: 04/05/2021

Die Universiteit Stellenbosch is tans besig met die hersiening van die MIV/Vigs-beleid vir Studente en Personeel en die beleid oor Onbillike Diskriminasie en Teistering. Ons doen 'n beroep op die US-personeel en studentegemeenskap om insette te lewer en u terugvoer en siening oor hierdie belangrike beleide met ons te deel.

Die beleide is in Engels en Afrikaans beskikbaar vir maklike verwysing. Klik op die beleid se naam en u sal direk daarna herlei word.

Engels:

HIV/Aids Policy for Students and Staff

Unfair Discrimination and Harassment policy

Afrikaans:

MIV/Vigs-beleid vir studente- en personeel

Onbillike diskriminasie- en teisteringsbeleid

Terugvoering oor die beleide kan aan Ryan van der Poll gestuur word by ryanvdp@sun.ac.za of Nadine Christians by nchristians@sun.ac.za. In u terugvoer moet u asseblief die bladsynommer, afdeling en klousule waarna u verwys, insluit. Die sperdatum vir terugvoer is Maandag 17 Mei 2021.

Ons sien uit na u insette, insig en terugvoer en moedig die US-gemeenskap aan om hierdie beleide wat almal raak, te hersien.