Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Tafelgbergbrand: wat ons kan leer van die hoof aandrywers van veldbrande
Outeur: Prof Brian van Wilgen and Dr Nicola van Wilgen-Bredenkamp
Gepubliseer: 28/04/2021

Die brande wat op 18 April 2021 teen die hange van Tafelberg in Suid-Afrika ontstaan het, het verskeie geboue op die kampus van die Universiteit Kaapstad vernietig. Dit sluit die Jagger-biblioteek, asook die restaurant by die Rhodes-gedenkteken, die historiese Mostert se meul en verskeie woonhuise in.

Dit was 'n tragiese gebeurtenis waarvan die nagevolge nog vir lank met baie mense gaan wees. 

Baie vrae is gevra oor hoekom dit gebeur het, en of enige iemand die skuld hiervoor moet kry.

Gegrond op ons navorsing oor die brandekologie van fynbos en die bestuur daarvan oor die afgelope vier dekades, glo ons dat in plaas daarvan om die skuld voor iemand se deur te lê, Suid-Afrikaners eerder moet probeer om  die oorsake van die verwoestende veldbrande en wat daaraan gedoen kan word, te ondersoek. ​

Klik hier om die oorspronklike artikel in The Conversation Africa te lees - https://theconversation.com/the-table-mountain-fire-what-we-can-learn-from-the-main-drivers-of-wildfires-159477

Foto: Ashraf Hendricks/GroundUp