Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tegnologie Oordrag-kantore help bou volhoubare besighede
Outeur: ​Joshua Romisher
Gepubliseer: 27/04/2021

Maandag (26 April) was die Wêrelddag vir Intellektuele Eiendom. In ʼn meningsartikel vir Business Day fokus Josh Romisher van die Universiteit Stellenbosch LaunchLab op die stappe wat kantore vir tegnologie-oordrag behoort te volg om intellektuele eiendom in hoë-impak en volhoubare besighede te omskep.

​Joshua Romisher*

Universiteite wêreldwyd het in 2018 meer as R3,9 miljard aan navorsing en ontwikkeling (N&O) gespandeer. Volgens die Bestuurskantoor vir Nasionale Intellektuele Eiendom, het Suid-Afrikaanse universiteite in dieselfde jaar 19 808 N&O-artikels opgelewer. Minder as 4% van hierdie artikels is egter gekommersialiseer as uitvindings, patente of intellektuele eiendom (IE). Daarom is dit nie juis 'n skok nie dat 'n studie wat by kantore vir die oordrag van universiteitstegnologie in die VSA gedoen is, bevind het dat slegs 13% van daardie kantore hul bedryfskostes kan verhaal. Daar moet iets drasties verkeerd wees indien minder as een uit elke agt kantore vir tegnologie-oordrag (TO) in die wêreld se mees ontwikkelde land werklik lewensvatbare entiteite is.

Die hoofdoel van TO-kantore wêreldwyd is om universiteite se N&O op te spoor, te beskerm, te ontwikkel en te kommersialiseer. Hierdie doel is nie net uiters belangrik sodat die samelewing by N&O kan baat nie, maar ook sodat TO-organisasies volhoubare sake-eenhede kan word. Dit is die doel waarna ons almal strewe en so hard voor werk.

Dit is belangrik om veral die aandag op hierdie doel van TO-kantore te vestig, veral op die Wêrelddag vir Intellektuele Eiendom, wat jaarliks op 26 April gedenk word. In die lig van die 2021-tema, IP & SMEs: Taking your ideas to market, moet ons onsself die volgende afvra: Hoe kan hierdie kantore die bogenoemde doel bereik? Hulle kan dit doen deur 'n duidelike, getoetsde en beproefde vierledige proses te volg. Lees meer oor hierdie vier stappe in die oorspronklike weergawe van die artikel.

*Joshua Romisher is die HUB van die Universiteit Stellenbosch LaunchLab.