Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kortkursus oor die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (“SoEL”)
Outeur: Nicoline Herman
Gepubliseer: 02/06/2021

Kortkursus oor die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap

Die derde kontaksessie van die 2021 Kortkursus oor die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (“SoEL") het op 28 Mei plaasgevind en is via Uitgebreide Afstandsonderrig, ‑leer en -assessering (“ARTLA") gefasiliteer. Die tema van die sessie was Opvoedkundige Leierskap vir Verandering.

Drie deelnemers en een van die fasiliteerders was op die kampus in Den Bosch, terwyl die ander fasiliteerder en sewe van die deelnemers in die aanlyn ruimte op MSTeams was. Die sessie is aangebied deur gebruik te maak van die PolyStudio-toerusting wat die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) aangeskaf het, en die interaksie tussen die deelnemers in die twee ruimtes was naatloos, terwyl hulle die kontak met mekaar waardevol en verrykend gevind het.

Op die foto: Van links in die voorste ry: Dr Marianne McKay, dr Carina America, prof Thinus Booysen. Tweede ry: Dr Karin Cattell-Holden, dr Manfred Spoctor, dr Lee-Ann Jacobs-Nzuzi Khuabi. Derde ry: Nicoline Herman (fasiliteerder), prof Dion Forster. Vierde ry: Prof Pieter von Wielligh, prof Gareth Arnott, dr Vusi Malaza. Agter: JP Bosman (fasiliteerder).

Vir meer inligting oor die SoEL-kortkursus, besoek die SOL‑webwerf:

http://www.sun.ac.za/english/learning-teaching/ctl/professional-learning-opportunities-for-t-l/soel