Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNFin in herbeplanningfase om ‘n naatlose aanlyn-oorgang te bewerkstellig
Outeur: Operations and Finance
Gepubliseer: 29/03/2021

Die SUNFin-projekspan het 'n gedetailleerde herbeplanningsoefening onderneem om vas te stel hoeveel tyd en moeite nodig is om sleutelaktiwiteite in die verskillende projekwerkstrome te voltooi om uiteindelik suksesvol aanlyn te gaan. As deel van hierdie herbeplanningsoefening sal die span die beskikbaarheid en kapasiteit van kritieke finansiële hulpbronne wat nodig is vir die projek en belangrike interafhanklikhede met die tydlyn van die SUNStudent-projek bevestig, terwyl die beplande projekwerk sal voortgaan.

In Oktober 2020 is die inhandigingsdatum van die SUNFin-projek van Januarie 2021 tot Julie 2021 uitgestel. Afhangende van die uitslag van hierdie herbeplanningsoefening, sal die projekspan bepaal of die huidige einddatum nog haalbaar is.

Volgens Manie Lombard, hoofdirekteur Finansies, moes die bestuurskomitee van SUNFin die projekrisiko's in ag neem en enkele belangrike kwessies uitlig, soos die voortdurende beperkings op hulpbronne wat sedert die aanvang van die projek ondervind is. "Ondanks die feit dat hierdie projek 'n prioriteit is, het personeel wat aan SUNFin werk nie die luukse om toegewyd aan die projek te werk nie. Die finansiële jaareindproses vir 2020 en eksterne oudit moes suksesvol afgehandel word, om maar net twee van die vele voortdurende hulpbronuitdagings te noem wat ons in die gesig staar.”

Volgens Manie bly die aanpassing van die organisasie-struktuur en rolle en verantwoordelikhede van die Afdeling Finansies 'n deurslaggewende fokus vir die finansiële leierspan.

"Ek is egter vol vertroue dat ons oplossings sal vind namate ons vorentoe beweeg. Die projek is een van die belangrikste projekte van die US tot nog toe, en ons bekwame projekspan sal die suksesvolle implementering van die nuwe finansiële stelsel verseker.”