Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US reik sy eerste e-sertifikate uit en kry ‘n boom op die koop toe
Outeur: Operations and Finance
Gepubliseer: 29/03/2021

Die Universiteit Stellenbosch het vanjaar vir die eerste keer geldige e-sertifikate vir sy kortkursusse uitgereik en so die weg gebaan vir ander om hul voorbeeld te volg.

Volgens Carol Kat, hoof van kopiereg, handelsmerke en kortkursusse by Innovus, is die eerste e-sertifikate vir kortkursusse in die week van 15 Februarie 2021 uitgereik. Sy het gesê dit is die gevolg van die institusionele verskuiwing na 'n volledig aanlyn-omgewing vir onderrig- en leermeganismes weens omstandighede wat deur die pandemie veroorsaak is. 'n Dringende behoefte het binne die US se kortkursusomgewing ontstaan om elektroniese sertifisering te implementeer om die hoë koerierkoste, verlies aan sertifikate en logistieke en administratiewe aspekte ten opsigte van sertifisering wat tydens die verlengde sluitperiode ontstaan het, aan te spreek.

In samewerking met die US se IT en Aankopeafdeling is die Institutional Request for Information (RFI) -proses vir die identifikasie van 'n digitale sertifiseringsvennoot vir die US in Augustus 2020 deur SCD, IT en die Aankopeafdeling aangepak. Die tender is toegeken aan Paradigm (gebaseer in Virginia, VSA). Om hul waardering te toon, het Paradigm met American Forest saamgewerk om 'n pragtige Jack Pine boom in die Hiawatha National Forest in die naam van die Universiteit Stellenbosch te laat plant.

<caption> Iewers in die Amerikaanse deelstaat Michigan se Hiawatha National Forest is 'n boom wat nou die naam van Universiteit Stellenbosch dra.