Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
WEF erken SharkSafe as 'n toonaangewende oseaan-innoveerder
Outeur: Operations and Finance
Gepubliseer: 29/03/2021


SharkSafe Barrier ™, 'n Innovus-afwentelmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch, is deur die Wêreld Ekonomiese Forum se digitale platform UpLink erken as een van sy top oseaaninnoveerders.

UpLink, die WEF se digitale platform vir die verbreding van innovasie en die vooruitgang in die rigting van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, het op 22 Januarie 2021 sy tweede groep oseaan-innoveerders bekendgestel. Die platform is daarop gemik om ondernemings soos SharkSafe PTY te identifiseer en uit te lig as 'n onderneming met groot potensiaal om die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling te versnel.

SharkSafe Barrier ™, is die eerste omgewingsvriendelike tegnologie wat magnetiese en visuele prikkels kombineer om haaispesies ,wat as gevaarlik beskou word vir mense, af te skrik. Die maatskappy het verlede jaar ook die gesogte NSTF South32-toekenning van die Lewis Foundation Green Economy gewen vir uitstekende bydraes tot wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie in Suid-Afrika. Die uitvinders van SharkSafe Barrier ™ is Michael Rutzen, dr Sara Andreotti, dr Craig O'Connell en prof. Matthee. Dr Andreotti en prof. Matthee is afkomstig van die US se Departement Plant- en Dierkunde.