Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Volhoubaarheid: wat ons van ons voorouers kan leer
Outeur: Operations and Finance
Gepubliseer: 29/03/2021



Ons het baie om by ons grootouers te leer. Hulle het volhoubaarheid verstaan: hulle het water bewaar (en nooit gemors nie), ons grootouers het krag met windmassa opgewek, organies geboer en van kos uit die land geleef. Hulle het groot stoepe rondom hul huise gebou om die hitte uit te hou, baie bome geplant en baie meer gestap as wat ons vandag doen.
Nadeem Gafieldien, Direkteur van eiendomsdienste by fasiliteitsbestuur, sê: "Dit is vanweë ons grootouers se verbintenis tot volhoubaarheid dat hul kleinkinders nog kaalvoet die woude kan verken en in die see kan swem."

Nadeem en John de Wet, die US se omgewingsvolhoubaarheidsbestuurder, is die dryfvere agter die Universiteit Stellenbosch se volhoubaarheidsprogram die afgelope dekade. Danksy hul beywering vir gedragsverandering onder studente, personeel en universiteitsbelanghebbendes, kan ons nou die resultate begin sien.

'n Eerste vir US

Die jongste pluimpie vir die US se volhoubaarheidsprogram was toe die Universiteit die eerste instelling in Suid-Afrika geword het wat ‘n Elektriese Prestasiesertifikaat (EPC) vir 'n gebou ontvang het; naamlik 'n A-gradering vir elektriese verbruik van 48 kWh per m². Verlede jaar was die Universiteit se volhoubare wateroptimaliseringsprojek as naaswenner in die International Sustainability Campus Network (ISCN) se jaarlikse toekennings aangewys - 'n eerbewys wat toon dat ons met die beste universiteite wêreldwyd kan meeding.

Maar dit was nie altyd 'n gladde teerpadrit nie. “Toe ons aan die US hierdie volhoubaarheidsreis onderneem het, was hierdie onderwerp nie 'n prioriteit nie. Ons het baie tyd met belanghebbendes gepraat om hulle te oortuig hoe belangrik dit is dat die Universiteit die leiding moet neem om volhoubaar te word,” sê John.

“Moeder aarde is onder geweldige druk en mense vernietig die hele ekosisteem. Ons het die verantwoordelikheid om die gesprek te voer en ander instansies te inspireer om dit na te volg. Die US het 'n lang pad geloop, maar daar is nog baie werk om te doen,” sê John.

Albei mans is passievol oor hierdie groen planeet van ons. Hulle is vasbeslote om te sorg dat hulle 'n volhoubare nalatenskap agterlaat wanneer hulle aftree. "Ons maak soms ons kollegas mal, maar ons hou vol om te verseker dat elke nuwe projek by Fasiliteitsbestuur volhoubaarheid in die bloudruk geïntegreer het," sê Nadeem, wat steeds sy stortwater gebruik om sy toilette by die huis te spoel.

Droogtekrisis was keerpunt

Vir hulle was die droogtekrisis in 2016 'n groot keerpunt in die US se volhoubare reis - een wat hierdie dryfkrag die brandstof gegee het om heelwat volhoubaarheidsprojekte van die grond te kry. Hulle is veral trots op die enorme inkoop wat hulle van studente op kampus geniet. “Gelukkig vir ons het ons jong mense soos Dannica Pedro wat hulle beywer vir volhoubaarheid onder studente. Sy praat die studente se taal en weet hoe om jongmense te mobiliseer om ons volhoubaarheidsprojekte op die kampus te ondersteun, soos die afvalprojek waar ons die meeste afval by koshuise en op die kampus herwin. ”

John sê hy het ook drie vullisblikke by die huis vir herwinning, want "jy moet doen wat jy sê".

Nadeem sê hy wil graag sien dat studente weer in eetkamers eet en nie in hul slaapkamers nie. “Ek dink dat kookolie in pype kom wat nie vir voedsel gemaak is nie en groot verstoppings veroorsaak. As studente almal weer kan gaan eet in eetkamers waar oorskiet na komposplante gekanaliseer kan word en dinge soos plastiekgereedskap en borde iets van die verlede kan word, sal ons nog meer volhoubaar word.”

Hy herinner ons daaraan dat ons grootouers nooit iets vermors het nie, en dat ons die voorbeeld moet volg. "As jy nie rys eet nie, moet jy dit nie opdis nie," sê Nadeem. Hy sê die US gooi tonne kos per week weg – iets wat heeltemal onnodig is. “Ons woon in Afrika; ons moenie kos mors nie. ”

Hulle is passievol en opgewonde oor die projekte wat reeds op die kampus uitgerol is. Die sogenaamde "Groen Huiskomitee lede" doen baie om die woord te versprei en medestudente te motiveer om meer volhoubaar te leef. Beide Nadeem en John hou gereeld praatjies op die kampus en in die gemeenskap om volhoubaarheid op al SU se kampusse te bevorder. Hulle pogings het al baie dividende opgelewer. “Hierdie jaar, vir die eerste keer, fokus die tweede jaar Joernalistiekstudente al hul projekte op volhoubaarheid. Op die Tygerberg-kampus betaal al die dosente geld in 'n kittie elke keer as hulle êrens heen vlieg. Ons gebruik dié geld om bome te plant. ”

Dit is 'n paar van die vele projekte wat hulle nog in die pyplyn beplahn. "Ons het nog 'n lang pad om te gaan, maar ons het baie sade geplant en dit sal op die regte tyd die resultate lewer," stem John en Nadeem saam. “Hou gerus hierdie (volhoubare) ruimte dop.”