Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US verwelkom Menseregtekommissie-ondersoek
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 27/03/2021

​​Die Universiteit Stellenbosch bly verbind tot meertaligheid en daarom verwelkom die Bestuur die ondersoek deur die Menseregtekommisie en daarmee saam die geleentheid om die kwessie oor die gebruik van Afrikaans in koshuise en sosiale ruimtes op te klaar.

Via die Afdeling Studentesake het die Universiteit 'n eie ondersoek geloods, terwyl hy ook met studenteleiers in koshuise oor die aangeleentheid in gesprek getree het om 'n gedeelde begrip van die Taalbeleid (2016) te bewerkstellig. Dit het werksessies ingesluit oor die implementering van die taalbeleid om studenteleiers te bemagtig en ook om die nakoming van die beleid te verseker. Hierdie werksessies ondersoek ook maniere oor hoe om meertaligheid onder studente te bevorder.

Wat belangrik is, is dat die Universiteit 'n opvoedkundige instelling is en dat die situasie dus konstruktief as 'n leergeleentheid hanteer word.  Dit is van kritieke belang in ons diverse en meertalige kampusgemeenskap.

As teken van hoe ernstig die Universiteit die saak onder hande neem, word 'n onafhanklike ondersoek ook geloods.

Sien vorige kommentaar van die Universiteit hier