Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Thuli Madonsela, Studenteraad daag jou uit om ‘n bydrae te maak om studenteskuld af te skryf
Outeur: Development & Alumni / Ontwikkeling & Alumni
Gepubliseer: 12/03/2021

Professor Thuli Madonsela, wat die Universiteit Stellenbosch se Leerstoel in Maatskaplike Geregtigheid beklee, het R27 000 aan #Action4Inklusion geskenk ter viering van 27 Jaar van Demokrasie. Saam met die Universiteit Stellenbosch (US) se Studenteraad (SR) daag sy US-alumni, lede van die publiek, maatskappye en sakereuse uit om bydraes (tot hierdie inisiatief) te maak wat studenteskuld afskryf en Maties help om toegang tot hul akademiese uitslae te verkry, wat weens uitstaande studiegelde nie beskikbaar gestel kan word nie.

#Action4Inclusion is 'n US-studentebefondsingsinisiatief wat daarop gemik is om akademiese insluiting te verseker deur uitstaande studiegeld vir studente in nood te vereffen. Die inisiatief is deur die SR en Madonsela op die been gebring, met die ondersteuning van die Universiteit se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (DAR) om te verseker dat geen student weens hul finansiële omstandighede agtergelaat word nie.

“Vanjaar is dit 27 jaar se werk om die ongelykhede van die verlede ongedaan te maak en almal se potensiaal te laat gedy. Met werkloosheid en armoede wat voort stoomroller, wil ons nie dat onstelde jongmense siedend oor gesteelde drome raak nie, " sê Madonsela.

Madonsela noem ook dat sy “almal uitdaag om 'n 'demokrasie-dividend' te gee aan jongmense wat daarna streef om 'n universiteitskwalifikasie te verwerf. Benewens die verligting van studente se finansiële bekommernis oor die moontlikheid van herregistrasie, sal skenkings aan #Action4Inclusion Maties help om toegang tot hul akademiese uitslae te verkry wat weens uitstaande gelde nie beskikbaar gestel kan word nie. As hulle oor hierdie laaste hindernis kan seil, sal dit die studente se sosiale mobiliteit in die strewe na sosiale geregtigheid verbeter, terwyl hulle as't ware 'n noodsaaklike bate volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling word – wat dan juis kapitalisering is."

Volgens Karen Bruns, Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die US, sal hierdie inisiatief inderdaad 'n aanvullende rol speel tot die huidige pogings om fondse vir Matie-studente in te samel. “Dit is hartverblydend om te sien hoe ons studente en personeel saamstaan en vasvat om mekaar ondersteuning te bied te midde van all die werk wat verrig word om gelyke geleenthede aan almal te verseker."SNAPSCAN_AFR_sized.jpg

Die verwydering van Maties-studente se grootste struikelblok

“Uitstaande studenteskuld word beskou as een van die taaiste uitdagings waarmee talle US-studente uit arm- en werkersklasgesinne te staan kom," verduidelik Xola Njengele, Maties se SR-voorsitter. “Dit raak al hoe meer die grootste struikelblok op hul pad na sukses. Om dan oorbluf en moedeloos te raak is moontlik die gevolg van die COVID-19-pandemie wat die afgelope jaar finansiële probleme vir sulke studente laat opstapel en vererger het," voeg hy by.

Die SR is uiters dankbaar vir prof Madonsela, wat die veldtog se voortou neem en aan verskillende “pret-met-'n-doel"-aktiwiteite deelneem, soos geborgde staptogte en -maratonne om bewustheid te kweek oor die knyptang wat studieskuld wêreldwyd veroorsaak. Benewens hierdie, maak prof Madonsela van haar wye netwerk gebruik deur na kollegas, professionele persone en ondernemings uit te reik om bydraes te maak. Terselfdertyd waardeer/erken die SR die verskeie pogings van die Universiteit om studente met finansiële probleme van hulp te wees, maar 'n spesiale poging is nou nodig om studente in hierdie uitdagende tye, by te staan.

Digitale bydraes stoom voort

Die SR, in samewerking met prof Madonsela en DAR, doen nou 'n beroep op US-alumni, lede van die publiek, maatskappye en sakereuse om haar skenking vir hierdie goeie saak te ewenaar, te oorskry of bloot 'n bydrae te maak. Die #Action4Inclusion-veldtog, wat op www.matiesalumni.com aangebied word, is in Oktober 2020 op die donasieplatform, GivenGain begin, met die hoop om nie net ondersteuning van Maties-alumni te kry nie, maar ook van gewone Suid-Afrikaners – hier en in die buiteland.

Op die vraag waarom hy die behoefte het om #Action4Inclusion te ondersteun, sê Jean Meiring, US-alumnus en Raadslid wat Madonsela se skenking geëwenaar het, “Watookal die stadium in my lewe, geld vir opvoeding was 'n gegewe – ek het nie juis slapelose nagte daaroor gehad nie. Dieselfde geld nie vir baie US-studente wat geldelik sukkel om by hierdie instansie te bly nie, en dan nog in 'n wêreld met baie nuwe uitdagings en bedreigings. Dis belangrik dat diegene onder ons wat bevoorreg was om 'n opvoeding as vanselfsprekend te kan aanvaar, vandag se studente help wat nie so bevoorreg is nie."

DOELWITTE

Geaffekteerde studente sal nie teen 15 Maart kan registreer as 'n eerste teikenbedrag nie ingevorder word nie; dus is die eerste teikenbedrag (oorgedra van 2019) R2 miljoen nodig om teen 15 Maart in te skryf.

Die tweede teiken is R2,7 miljoen teen 27 April, en die finale teiken is teen R10 miljoen teen 16 Junie om 2020-skuld te dek#Action4Inclusion op Maties Alumni se webwerf:

https://www.matiesalumni.com/action4inclusion/

#Action4Inclusion op GivenGain webwerf:

https://www.givengain.com/cc/action4inclusion/